Gedagte vir die dag: Wonders uit die Woord

bybel.jpg

Argieffoto

Lees: Hebreërs 4:12-13

Die woord van God is lewend en kragtig. Dit is skerper as enige swaard met twee snykante en dring deur selfs tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg. Dit beoordeel die bedoelings en gedagtes van die hart. (Hebreërs 4:12)

Omdat ons so gejaagd lewe, gaan baie van die ongelooflike Bybelbeloftes en verhale sommer net by ons verby omdat ons nie genoeg tyd vir Bybelstudie maak nie. Maak dit hierdie maand jou prioriteit om soveel moontlik tyd saam met God deur te bring, sy Woord in diepte te bestudeer en die teksverse daaruit wat in besonder tot jou spreek, neer te skryf en te herbesin – en indien moontlik uit jou kop te leer.

Gaan lees ook weer Kersverhale: Die profetiese voorspellings van die Kind wat gebore gaan word, die pragtige storie van die engel se besoek aan Maria, Josef se besluit om in die geheim van haar te skei en die engel se ingryping. Staan ook stil by Sagaria en Maria se lofliedere tot eer van God. Verwonder jou aan die altyd nuwe stories van die Seun van God wat in ’n stal gebore is, die herders en die engelboodskap asook die wyse manne wat die ster gevolg het – en kom opnuut onder die indruk van watter wonderlike boek jou Bybel is.

Gaan dan sommer in die komende jaar voort om jou Bybel meer gereeld te lees en ’n joernaal te hou waarin jy elke dag aanteken wat God daardie dag vir jou uit sy Woord geleer het. Só sal jy eerstehands die wonder van jou Bybel ontdek.

Hemelse Vader, ek loof U vir u woord, vir die verhale wat daarin vertel word en die inspirasie wat ek elke dag daaruit kan put. Ek onderneem om meer tyd te maak om die wonder van u woord te ontgin. Amen.

Bron:
Jy is myne deur Nina Smit
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Anoniem ·

Hoe jammer voel ek vir die mense wat n sluier oor die kop het en nie kan hoor en sien nie. Mag hulle wakker word en die lewende YAHVAH dien.

deon koegelenberg ·

Albert Von Rohr dit verbaas my werklik dat jy tyd maak vir Gedagte vir die dag in Maroela Media se webtuiste dit wys my darem daar is hoop vir jou want iemand wat so danig daarop reageer moet soekend wees na iets waaraan hy of sy kan vashou in hierdie lewe Al wat ek uit persoonlike ondervinding na 76 jaar vir jou kan se My ou maat of maatjie vir my is daar niks wat meer werd is as om God te ken deur Jesus Christus Sy seun en die ewige liefde wat Hy openbaar. Ek lief Hom met my hele hart en hele siel en my verstand ai en ek bid dat jy ook daardie ewige vreugde en geluk kan smaak . Mooi wense vir jou

susan ·

Albert. Die Jode het geglo dat jy deur goeie werke en wetsonderhouding die ewige lewe kan kry. Hulle Bybel lê dus klem daarop. Jesus self, Paulus en die ander apostels het uitgegaan en die redding deur genade gaan verkondig.. Jesus behoort te weet, want hy het sy lewe vir ons gegee. Die Roomskatolieke glo in die aflatingstelsel en die vagevuur. So kan ons aangaan met Jahovas ens. Die apostels se leer is die enigste leer wat sin maak. Jesus was hulle leermeester. Albert ons moet versigtig wees om nie so maklik op elke wa te spring nie. Die laaste dae word gekenmerk deur dwaalleraars wat elkeen n bybel wil uitbring om verwarring te saai. Ek sal jou aanraai om die apostels/protestantse bybel te begin studeer. Daar sal jy lees van die enigste ware God wat alles geskep het en tot vandag onderhou. Hoe meer kennis jy opdoen hoe beter sal jy verstaa. Daar sal jy waarheid en suiwer woord ontdek wat jou lewe rigting en vastigheid sal gee.
Sterkte

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.