Gedagte vir die dag: Die Woord en gebed

vrou_bybel_bid_stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

Hou my in die lewe soos U beloof het. (Psalm 119:107)

Die Woord van God en gebed is onlosmaaklik verbind en moet mekaar altyd vergesel. God praat deur sy Woord met my; ek praat in gebed met God. As ek ware gemeenskap verlang, moet ek en God albei ’n spreekbeurt hê. Die krag van gebed lê daarin dat ek God se gedagtes uit sy Woord neem en hulle aan Hom voorlê.

Die Woord leer my hoe om te bid: met ’n brandende begeerte, ’n vaste geloof en volharding. Die Woord leer my nie net wat ek is nie, maar ook wat ek deur God se genade kan word. O Christen, leer hierdie groot les: om jou krag elke dag in God se Woord te vind en sodoende volgens sy wil te bid.

Bron:  Die Goddelike Geheim deur Andrew Murray
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

FM ·

Amen

Romeine 8:26 is die heerlike belofte dat ek in totale gemeenskap is.
Genade onbeskryflik.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.