Gedagte vir die dag: Die Woord van God

(Foto: Aaron Burden/Unsplash)

’n Mens leef nie net van brood nie, maar van elke woord wat uit die mond van God kom. (Matteus 4:4)

’n Blote kennis van God se Woord kan ’n mens nie help nie. Dit is nie genoeg om slegs daaroor na te dink nie. Ek moet dit indrink en deel van my hart en lewe maak. Ek moet God se woorde in liefde en gehoorsaamheid toepas en hulle toelaat om ten volle besit te neem van my hart. Dan sal hulle inderdaad woorde van lewe wees.

Die daaglikse inneem van God se Woord is onontbeerlik in die daarstelling van ’n sterk en kragtige geestelike lewe. As jy gemeenskap met Hom wil hê, sal jy Hom in sy Woord vind. Christus sal jou leer om deur die Woord gemeenskap met die Vader te hê, net soos dit sy gewoonte ook was.

Bron:  Die Goddelike Geheim deur Andrew Murray
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.