Gedagte vir die dag: Woorde soos dolksteke

namakwaland-Namakwaland-se-blomme.jpg

Foto: Marianne Styan

Praat sonder om te dink kan soos dolksteke wees; wyse mense bring genesing met wat hulle sê. (Spr 12:18)

Ek dink ons almal het al gevoel hoe woorde soos dolksteke word. Iemand het dalk iets vir jou gesê wat jou baie seergemaak het, en soms bly daardie seer vir jare saam met jou.

Hoeveel keer het iemand al vir jou iets gesê wat soos ’n dolksteek was? Maar dalk belangriker: Hoeveel keer het jý iemand al met jou woorde verwond? Hoeveel keer het jy al iets gesê wat jy wens jy kan terugneem? Dalk het jy iemand al met jou woorde seergemaak sonder dat jy dit eers besef het.

Spreuke sê as jy jou tong kan beheer, bring dit genesing. Hoe bid ek nie dit nie; hoe bid ek nie dat ek genesingswoorde spreek nie, en nie net van die kansel af nie, maar ook in my vriendskappe, in my huwelik, in my verhoudings, teenoor my kinders.

Maak seker dat jy genesingswoorde teenoor álle mense spreek. Die spreukeskrywer sê elke woord is soos genesing vir die een wat dít kan regkry.

Bron:
Hoor die hartklop van God deur Andries Enslin
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.