My kinders, luister na my. Hulle wat op my pad bly, sal geseënd wees. Luister wat ek julle leer sodat julle wys kan wees. Moenie dit ignoreer nie. Dit sal goed gaan met elke mens wat na my luister, wat elke dag na my huis toe kom en buite by my deur vir my staan en wag. Hy wat my kry, kry die lewe self. Hy geniet die guns van die Here. (Spreuke 8:32-35)
Koning Salomo het die Here God se guns geniet, want hy het bo alles gevra vir wysheid om God se volk te lei. God het hom geseën met ’n oorvloed rykdom en soveel meer. Wanneer ons na Salomo se lewe kyk, behoort dit in elkeen van ons ’n brandende begeerte op te wek om die Vader se wysheid te soek. Hoe dwaas is ons nie om die probleme van vandag op ons eie aan te pak, en selfs saam met ’n weermag mense wat net soos ons is nie. God is die bron van alles wat ons nodig het.
Help my, Vader, om nie so dwaas te wees dat ek nie na u woorde van wysheid oor sukses luister nie. Ek bid dat al my begeertes binne u wil sal wees. Amen
Amen.
Baie dankie vir die kosbare woorde!
Kosbaar.
Menslike wysheid versus Goddelike wysheid. Servetus versus Calvyn
Waardevol.