Dit sê Ek vir julle: Van elke ligsinnige woord wat die mense sê, sal hulle rekenskap moet gee op die oordeelsdag. (Matteus 12:36)
Woorde is baie kragtig – ek hoef jou nie daarvan te oortuig nie. Jy het al genoeg ondervinding in die lewe opgedoen om dit oor en oor te bevestig. Soos jy goed weet, kan woorde jou óf opbou óf verwoes. ’n Mens se tong help jou om klanke te vorm wat in woorde gerig word en hardop geuiter word sodat ander dit kan hoor en verstaan. Dis nie die klanke wat jou raak nie, maar die betekenis van die klanke. Die betekenis gaan óf aanvaarding en liefde óf verwerping en vervreemding bedien.
Die soort bediening wat gaan plaasvind, lê grootliks in die gedagtes van die spreker. Die Bybel sê die inspirasie vir die woordvoerder se keuse is óf uit die hel aangesteek óf deur die Gees van God geïnspireer. As wedergeborenes kan ons besluit watter idees ons gaan toelaat om ons kommunikasie te bepaal. Jesus sê almal sal verantwoording doen vir dít wat hulle gesê het (Matt 12:36). Dit is nie net klanke nie, maar die oordrag van boodskappe wat die mens se siel en gees direk beïnvloed.
Mense wat onverantwoordelik met woorde omgaan, sal voor God verantwoording moet doen omdat dit ernstige gevolge op ander se lewe het. Woorde wat uit die hel aangesteek is, is liefdeloos en dodelik en daarop gemik om seer te maak en te vernietig. Geweld is nie net fisiek nie, maar vind ook verbaal plaas. Dalk veroordeel ons die geweldenaars in Suid-Afrika, maar ons maak ons aan presies dieselfde liefdeloosheid en wreedheid in woorde skuldig. Liefdelose en ondeurdagte grappe ten koste van ander is sonde, en God se oordeel rus op elkeen wat hulle daaraan skuldig maak.
Mag U oordeel gou kom Here. Vertroos en versterk asseblief elkeen wat met tonge en woorde uit die hel gemartel en vermoor word.
Dankie Vader dat U my vandag herinner van ń vers wat ek al lankal vergeet het. Dankie vir U genade. Dankie vir hierdie woorde. Noudat my pa nie meer leef om dit gedurig vir my te sê nie: “My meisie passop vir die tong, dit kan ń groot vuur aan die brand steek!”
U genade is groot, vergewe ons asseblief in Jesus se naam, want sonder U vergifnis is ons verlore en sal die oordeel vir ewigheid duur.
Dankie my hemelse pa!
Hallo…2 van die 4 dames in ons kantoor word mentally abuse deur ons 2 base…ons Moet werk..asb bid vir ons..vir ander werk…ek wil nie meer daar werk..dankie almal..Dankie aan ons Hemsele Vader vir uitkoms…