Gedagte vir die dag: Word eers stil

Aandster_Stiltetyd_See.jpg

Foto: en.wikipedia.org

Moenie sondig as jy ontsteld is nie. Oordink dit in die nag op jou bed en wees rustig. (Psalm 4:5)

Die lewe van ons dag eis luidkeels optrede en aksie. Alles word volgens resultate beoordeel en daar is weinig tyd vir bepeinsing. Om in stilte te gaan sit en te bid of te mediteer pas nie in by die vinnige pas van vandag nie.

Wanneer jy as Christen egter jou denke tot beskikking van die Heilige Gees stel, is jy verbind aan ’n kreatiewe mag wat alle menslike vermoëns oortref. Die Gees is die groot Inspireerder. Om jou gedagtes oop te stel vir sy heilige invloed en om ontvanklik te wees vir sy in fluisteringe, stel jou in staat om sfere van menslike gewaarwordinge te beleef wat aan jou ongekende insig sal gee.

Gees van God, dankie vir u invloed en leiding in my lewe. Amen.

Bron: My gunsteling Bybel oordenkings
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Jan Seerot ·

God, Vader, Seun en Heilige Gees! Help ons! Help ons vandag asseblief. O God, help ons!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.