Gedagte vir die dag:  Word soos ’n kind

kind_klippies_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Dit verseker Ek julle: As julle nie verander en soos kindertjies word nie, sal julle beslis nie in die koninkryk van die hemel kom nie. (Matt 18:3)         

Ek was in die Oos-Kaap vir ’n veldtog. Een aand ná die byeenkoms was ek baie moeg en ek het eenkant op ’n stoel gesit. ’n Seuntjie, wat by die byeenkoms was en die mag van God gesien het, het al hoe nader aan my beweeg. Ek was doodmoeg, maar ek kon sien hy kon nie naby genoeg aan my kom nie. Iets het hom na my toe aangetrek. Ek glo dit was Christus in my. Hierdie outjie was op my en oor my. Sy arms was om my. Sy ouers het hom probeer wegtrek, maar ek het gesê: “Los hom. Hy is nie lastig nie.” Dit is wat Jesus sou gedoen het.

Die dissipels het vir Jesus ’n vraag gevra: “Wie is die belangrikste in die koninkryk van die hemel?” (Matt 18:1). Jesus het ’n kind nader geroep en hom tussen hul le laat staan. Toe het Hy gesê: “Julle moet verander en soos kinders word. Julle moet glo soos ’n kind. Julle moet vertrou soos ’n kind. Wie ook al so nederig soos ’n kind is, is die belangrikste in die  koninkryk van die hemel. As julle ’n kind verwelkom, verwelkom julle My.” Dit het die dissipels seker sprakeloos gelaat. Dit verstom baie van ons vandag nog. Soos ’n kind word? Ja, dit is wat Jesus van dag van ons vra. Wees die minste om die belangrikste in sy koninkryk te word.

Here, ek erken dat ek nie altyd liefhet, vertrou en glo soos ’n kind nie. Ek is nie so nederig soos ’n kind nie. Help my om soos ’n kind te word en die ewige lewe te ontvang.

Bron: Aartappelgeloof vir elke dag deur Angus Buchan
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Kornel ·

Ja dit is waar. Kinders is so veel beter as ouer mense. Selfs hulle baklei, maar somer gou gou speel hulle saam en geniet hulself.
Amen

Lalla1 ·

Ja, dis waar. ‘n kind se geloof is baie sterk. Hulle glo ‘n mamma se soen kan ‘n seer knieg genees en Father Christmas bestaan. Hulle is humble en hulle kan nie lank kwaad bly nie..Vader, ek vra vandag dat U my asb die wysheid, en patience, en attitude gee waarna U verlang. Dankie vir al ons blessings.Amen!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.