Gedagte vir die dag: Wortels van geloof

woud_water_bome_Boekevat_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Gelukkig is dié mense wat op die Here vertrou en hulle verwagting in Hom stel. Hulle is soos bome wat langs ’n rivier staan. Hulle wortels reik diep tot by die water. Hitte bedreig hulle nie, en hulle blare bly groen. (Jeremia 17:7-8)

Wortels groei diep in die grond in om al die nodige water en voedingstowwe uit te haal wat nodig is vir die plant of boom om te floreer. Dit anker plante en bome in die grond sodat hulle deur wind en weer kan bly staan.

Die Here sê ons is almal baie soos bome. As ons onsself naby aan Hom plant, is ons veilig en kan die storms van die lewe ons nie omwaai nie. Hy beskerm ons teen die hitte van bekommernis en moeilikheid. Die wortels van ons harte kan drink van die lewende water wat Jesus gee (Johannes 4:13-14).

Waar is ons vandag geplant? Glo ons in en vertrou ons op God se Woord, of drink ons die wêreld se perspektief om ons dors te les? Maak ons op die Here staat vir alles, of op ons eie krag? Is ons kalm en rustig omdat ons vashou aan sy beloftes, of laat al die lewe se uitdagings ons bang en eensaam voel? Kom ons plaas ons vertroue op God se groot liefde. In Hom hoef ons vir niks bang te wees nie.

Here, laat diep geloofswortels asseblief in ons harte groei. Amen.

Bron: Hoop vir elke môre deur Joanna Teigen
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.