Gedagte vir die dag: Wyse besluite

woestyn_voetspore_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

As jy nóú swyg en daar kom van ʼn ander kant af uitkoms en redding vir die Jode, sal jy en jou familie omkom. Wie weet, miskien is dit juis met die oog op ʼn tyd soos hierdie dat jy koningin geword het!” (Ester 4:14 – AFR83)

Ester se lewe klink bykans na ʼn feeverhaal. Teen alle verwagtinge in en ten spyte van haar afkoms en volksverband, word Ester uitverkies en gekroon as koningin van Persië. Hoewel daar nie een maal in die boek van Ester na God  verwys word nie, is sy guns op haar lewe onmiskenbaar!

Ons sien hoe Ester oornag van ballingskap na koninginskap bevorder word. Dit het aan haar ʼn geweldig invloedryke vrou gemaak. Nie lank daarna nie, kom sy te staan voor ʼn enorme besluit. Ons kan ook aflei dat sy nie baie tyd gehad het om oor haar besluit na te dink nie, met die klem op die woord nóú, in die voorafgaande teksvers.

Ester was ʼn vrou met ʼn sterk karakter wat gespreek het van haar integriteit. Al het sy hierdie hoë posisie beklee, het sy nooit haar herkoms, in God, vergeet nie. Sy het geweet Wié haar van ballingskap na koninginskap geneem het. Een van die belangrikste lewenslesse wat ons van Ester kan leer, is om God volkome te vertrou.

Deur in ongehoorsaamheid vas te probeer hou aan verganklike dinge, kan jy later selfs meer as nét dit verloor. Geen hoeveelheid harde werk of natuurlike talent kan die plek van God se guns op jou lewe inneem nie.

Jy is geskep om die Here deur jou lewe te verheerlik en as jy jou vertroue in Hom plaas, sal Hy jou geloof, in Hom, eer en sal sy guns selfs jou wildste drome oortref.

Moet nooit toelaat dat roem en glansrykheid in die pad van jou roeping en godsaligheid staan nie.

Geskryf deur Alta Strauss
Facebook | Instagram | [email protected]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Sandra ·

Amen, ‘n baie mooi stuk. Dit laat my lus voel om vanaand die storie van Ester te lees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.