Gedagte vir die dag: Wysheid

Sonneblom_by_heuning_soet_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Jy moet heuning eet. Dit is goed vir jou. Heuningstroop is lekker in die mond. Net so, moet jy weet, is wysheid vir jou lewe. As jy daarop afgekom het, is daar vir jou ’n toekoms. Jou hoop sal nie verydel word nie. (Spreuke  24:13-14)

Heuning is baie meer as net ’n lekkerny. Dit word al vir eeue as ’n geneesmiddel gebruik. In die Bybel is heuning ’n simbool van seën. Die Here belowe vir die Israeliete ’n land wat “oorloop van melk en heuning” (Eksodus 3:17, Bybel in Afrikaans 1933/1953). In 1 Samuel 14:27 sien ons hoe heuning iemand wat sonder krag is weer energie gee. Die Here het vir ons heuning gegee om ons te help.

Net soos  heuning goed is vir ons liggaam, is wysheid goed vir ons siel. Wysheid is om God se Woord en sy wil vir ons lewens te ken. Wysheid help ons om oor die weg te kom en leer ons hoe om te groei en te werk. Dit waarsku ons teen gevaar. Wanneer ons moeilike keuses moet maak, lei wysheid ons in die regte rigting.

Wysheid help ons om God se verlossing te ontvang. Wanneer ons versoek word, kan ons die vyand herken en hom teenstaan. Ons kan tussen reg en verkeerd onderskei. Wysheid openbaar ons geestelike gawes en die goeie werke wat die Here vir ons bestem het (Efesiërs 2:10). As ons wysheid het, kan ons Jesus ken en volg waar Hy lei.

Here, selfs die soetste heuning kan nie vergelyk word met hoe soet u gawe van wysheid is nie. Dankie vir die hoop wat ons in U het. Amen.

Bron: Hoop vir elke môre deur Joanna Teigen
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.