Gedagte vir die dag: Wysheid is om versigtig te praat

(Foto: Unsplash)

’n Humeurige mens sit twis aan die gang. ’n Verdraagsame mens sit ’n stryery stop. (Spreuke 15:18)

Ek is nogal vinnig om my rug styf te maak as iemand heftig van my verskil. Dan staan ek op vir my regte, net om ná die tyd sleg te voel hieroor. Die Bybel leer ons om nie kwaad met kwaad te probeer vergeld nie. Dit maak dinge net erger. Dalk is die rede vir ons eie haastige reaksies dat dit ons laat voel ons is darem in beheer van sake. Ons wys deur ons harde woorde dat ons nie sommer rondgestamp word deur enigeen nie.

Maar is dit regtig nodig? Spreuke 15:18 sê ons moet ons woorde tel voordat ons hulle vrye teuels oor ons lippe gee. Ons moet dus versigtig antwoord wanneer ons wel die speelveld van dwase betree. Harde woorde en kwaai reaksies is dalk vinnige maniere om ons eie standpunt te verdedig, maar die vraag is eerder of dit slim is om dit te doen. Ja, ons mag van mense verskil. Ons mag ons eie opinies hê. Ons dwing dit net nooit af op ander mense rondom ons nie. Ons praat altyd keurig tot eer van die Heer.

Bron: ‘n Veilige Vesting deur Stephan Joubert
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

3 Kommentare

jongste oudste gewildste
Blomme

Amen

modiglianigirl

Waar. Tog makliker gesê as gedaan.

Ria

Amen.
Wens ek kon meer tye ‘n wag voor my mond sit.