Gedagte vir die dag:  Wysheid ’n prioriteit      

Stiltetyd_see_vrolike mense_Juanita Badenhorst.jpg

Foto: Juanita Badenhorst

God gee wysheid, kennis en blydskap vir die mens wat Hom vreugde bring. (Prediker 2:26)

“Watter dinge is daar in jou lewe wat so groot soos swaar klippe is? Tyd saam met jou geliefdes, jou geloof, jou opleiding, jou drome, ’n waardige saak, om ander te onderrig of ’n mentor te wees? Onthou om hierdie groot klippe eerste in te sit anders sal jy dit nooit inkry nie.”

Wanneer jy oor hierdie kort storie nadink, vra jou af: Wat is die “groot klippe” in my lewe? Sit hulle dan eerste in jou bottel. God begeer waarheid in die innerlike dele, en in die onsienbare dele sal Hy jou wysheid gee.

God van alle kennis en wysheid, help ons om aandag te gee en die detail van die waarheid te leer ken. Ons bid dat U vir ons duidelike begrip sal gee. Amen

Bron: Wysheid uit die Woord
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.