Gedagte vir die dag: Wysheid

Man_veld_Bybel_Stiltetyd_.jpg

Foto: teachingthem.com

Die Here het vir Salomo gesê: “Ek gee aan jou wysheid en insig soos niemand vóór jou gehad het of ná jou sal hê nie.” (1 Konings 3:10-12)

Een van die grootste gawes wat jy van God kan ontvang, is sekerlik wysheid.

As kind het ek baie die term “wysheid” gehoor en verstaan dat iemand soos Salomo baie wysheid gehad het, en dat dit hom baie slim en skatryk gemaak het. Ons lees in die Woord God het Salomo in ’n droom besoek, en aan hom gevra wat hy die graagste begeer. Salomo het sekerlik vir God die beste antwoord ooit gegee toe hy vir God om wysheid gevra het. Net omdat hy dit gevra het, het God hom ook die rykste man ooit gemaak, met baie eer en aansien!

Salomo het in sy vader, Dawid, se huis grootgeword. Dit was ’n omgewing waar God altyd eerste gestel is, en Salomo het onthou dat sy pa nie verniet die man na God se hart was nie. Salomo het in sy ouerhuis gesien dat Dawid altyd eers God se raad gevra en gevolg het, voor hy besluite geneem het. Dawid se suksesse het in sy binnekamer begin!

Kennis en wysheid is twee verskillende aspekte. Kennis is jou intellektuele vermoëns waarmee God jou geseën het by geboorte, en ook jou eie pogings om dit verder uit te brei deur studies, oplees en algemene kennis. Wysheid kom slegs van God af, net as jy God vra deur gebed. Dit gee Hy gratis aan hul le wat dit van Hom vra.

Wysheid is dus die gawe waarmee God jou help om jou kennis en besluite te bestuur.

Bid van vandag af elke dag vir wysheid – en sien God se impak op en ingryping in jou besluite.

Vader, vandag besef ek dat ek sonder U niks is nie. U Woord leer my dat as ek vir wysheid bid, U dit verniet vir my sal gee. Dankie dat U nou vir my wysheid skenk en dat ek van vandag af u guns in alles kan sien! Amen

Bron:
Manne van die Woord deur Jannie Pelser
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Spook ·

Dawid wat ‘n Betseba se man laat doodmaak het om haar te kry(na hy haar reeds swanger gemaak het)is god se geliefde? So ook Salomo met sy klomp vroue en rykdom? Siek spul.

Jaco ·

I’ll walk with God
I’ll take his hand
I’ll talk with God, he’ll understand.
I’ll pray to him
Each day to him
And he’ll hear the words that I say
His hands will guide my throne and rod
And I’ll never walk alone
While I walk with God.

SNEL ·

Spook; David het elke sonde in die boek gedoen, maar hy het vergifnis gevra en dit nooit weer gedoen nie…dit is wat Hom n man na God se hart gemaak het en dit wys dat God n God van liefde is, geen sonde is te groot nie, Hy vergewe die wat opreg berou het en vergifnis vra, en dis wat David gedoen het. Salomo was geseënd en geliefd voordat hy al daai ongelowige vrouens gevat het wat sy ondergang was en hom aan afgode bekend gestel het. God is n God van liefde en nie n aannemer van persoon nie. Spook, Hy het jou net so lief soos vir Dawid en Salomo, dis nou n rede vir jou om bly te wees vandag. God wil jou ook n man/vrou na God se hart noem, Hy wag vir jou, dis net sonde wat ons skei om in so verhouding soos Dawid met God te staan.

Maria ·

Spook ..Wees versigtig met jou woorde…Laat Here vir jou wysheid gee om te help woorde van God te verstaan :)

Spook ·

Snel en Maria- as ek ‘n vrou swanger maak en dan reel dat haar man vermoor word- is dit siek en gaan ek tronk toe. Dit is wat regverdig en moreel is – ongeag enige god wat in die mens se kop bestaan. Dit geld vir die bybelse sprokies van destyds en vandag.

SNEL ·

Spook, al kan ek vir jou honderde bewyse gee of wys dat daar n God is, sal jy altyd kies om nie te glo nie, maar hoekom begin jy nie op jou eie vasstel wat eg en wat vals is nie. Sê elke dag een kort, Here as U n werklikheid is, kom en verander my lewe dat ek U kan ken en n pad saam met U kan loop, in Jesus se Naam bid ek dit. As jy nie bang is vir n veranderring nie, sal jy dit doen, want tydmors sal dit nie wees nie, of is die die enigste en maklikste eksperiment wat jy nie eers bereid is om te doen nie.

SNEL ·

Spook, nog korter en ek glo beter, sê net dit: Here maak my U weë bekend, leer my U paaie… elke oggend saam met jou ontbyt sodat jy dit n instelling maak en kyk vir jouself of daar nou werklik n God is wat luister as jy praat.

Elizabeth ·

Sterkte met jou drome Jabulani!!! Moenie tou opgooi nie! Jy gaan dit nog ver bring! Geluk!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.