Studies kan resessie teenwerk

studeer-studies-skootrekenaar-tegnologie

Foto: Christin Hume/Unsplash.com

Alhoewel Suid-Afrika in ʼn tegniese resessie verkeer, is dit nodig dat langtermynbesluite geneem word wat die ekonomiese skade so klein as moontlik maak.

Met die werkloosheidsyfer wat in 2018 oor die 6 miljoen strek, is dit belangrik om naskoolse studies te voltooi om ʼn beter kans te staan om jouself te posisioneer om ʼn goeie werk te kry, meen die span by die tersiêre instelling Akademia.

“Daar is ʼn algemene tendens om tydens resessietyd korttermynbesluite te neem as tydelike remedie om met finansies uit te kom. Wanneer die ekonomie druk, is dit juis belangrik om stroomop te dink en ʼn hoëronderwyskwalifikasie te voltooi,” verduidelik Marthinus Visser, besturende direkteur van Akademia.

In Suid-Afrika is daar verskeie opsies wat individue kan oorweeg om só ʼn kwalifikasie te voltooi. Die beskikbare moontlikhede hang af van elke individu se behoefte.

By Akademia kan studente in Afrikaans studeer, terwyl hulle werk.

“Die voordeel van hierdie manier van studeer is dat studente ʼn deurlopende inkomste kan verdien, wat die finansiële impak van studies teenwerk. Boonop vaar werkende studente dikwels beter omdat hulle dít wat hulle geleer het, prakties in die werkplek toepas,” meen Visser.

“Afgestudeerdes het dan ook reeds werkervaring opgedoen, wat hulle van ander kandidate met soortgelyke kwalifikasies onderskei.”

Visser deel praktiese punte om te oorweeg wanneer naskoolse studies oorweeg word:

  • Kies die regte kwalifikasie. By Akademia word deeglike marknavorsing gedoen om te bepaal watter rigtings in aanvraag in die werkplek is. ʼn BCom Ondernemingsbestuur-kwalifikasie, byvoorbeeld, stel die student bloot aan al die aspekte van ʼn besigheid wat relevant is tot die korporatiewe omgewing. Boonop kan afgestudeerde studente hierdie kennis – opgedoen tydens studies – gebruik om hul eie besighede op die been te bring.
  • Oorweeg ʼn hoëronderwysinstelling wat jou optimale akademiese ondersteuning kan bied terwyl jy nauurs studeer. Akademia se model is van so aard dat dit ideaal is vir die werkende student. Nauurse kontaksessies word regstreeks na dertien sentra landwyd en in Namibië uitgesaai. Die sessies word opgeneem en ná die tyd beskikbaar gestel aan studente vir hersiening en verdere opskerping. Interaktiewe ondersteuning word ook gebied deurdat jy via ʼn aanlyn forum met dosente en medestudente kan skakel, vrae stel en idees uitruil.
  • Wees realisties oor die aantal modules wat per jaar geneem word. Dit mag uitdagend wees om te werk terwyl jy studeer. Oorweeg daarom om minder modules per jaar te doen om seker te maak dat ʼn goeie balans tussen werk en studies gehandhaaf word. Deur modules op te deel oor ʼn tydperk, help ook om die studiekoste oor ʼn aantal jare te versprei.

“Daar is verskeie eksterne faktore van ʼn resessie waaroor ons nie beheer het nie. Ons het wel beheer oor hoe ons onsself vir die werkplek posisioneer. ʼn Hoëronderwyskwalifikasie verbreed jou aanpasbaarheid en ontginbare geleenthede in hierdie tye,” sê Visser.

Maak kennis met Akademia se programaanbod en onderrigleermodel deur www.akademia.ac.za te besoek. Akademia se aansoeke vir studies in 2019 is nog oop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.