Taegrin Morris – ’n rouskrywe

Taegrin-Morris

Taegrin Morris (4) Foto: Facebook.

She raced up long, dark Sunny Street after the hijacked car as she watched her four-year-old’s body flapping against the wheel. She hoped. The case of four-year-old Taegrin Morris, dragged mercilessly beside his parents’ hijacked car, has stunned a South Africa accustomed to a relentless onslaught of horrific crime. It has provoked an outpouring of anger and grief among the community of Reiger Park on the East Rand, and far beyond. (Timeslive)

Dit is nou ’n jaar en ek kan steeds nie vir Taegrin Morris uit my kop kry nie.

Taegrin Morris. O, Taegrin Morris.

Die delikate lyfie op die teer. Die koppie teen die randsteen. Die gille. Die geskree.

Ag, Here.

Die brullende leeu het Taegrin bekruip. Met lis die uitkoms beplan. Die bose saad geplant en bedruip met gal. Sy twee makkers op ’n missie gestuur na Reiger Park daar naby Boksburg in Gauteng.

Ontsteltenis kom sit net hier skuins onder my borsbeen teen my maag en stoot opwaarts soos sooibrand in my keel. Rooiwarm gloede sprei van my nek af teen albei wange uit. My voorkop korrel met sweet en my hartklop versnel.

Here, wat moet ek maak met Taegrin Morris en die teerpad? Taegrin stampend teen die versnellende Golf GTI se agterste band? Die naklank bly in my ore skreeu.

Die beelde in die donker nanag. Die gille wat eggo. Die ouers se pyn en verskriklike lyding. Die skuldgevoelens en verwyte. Die woede en haat. Die magteloosheid. En dan die skreiende leemte van die verlies. Die gat in die hart.

Ai tog, Here, my Klara is nou vyf. Net soos Taegrin sou gewees het.

Die gedagte aan Taegrin. Daar waar hy skreeuend-smekend aan die veiligheidsgordel hang. Stampend oor die growwe teer. Die gedagte aan Erin, Chantel en Elwin Morris – ’n gesin wat nooit weer sal opstaan uit die rou – raak my diep, díép. In ’n baie ongemaklike plek. My posisie is nie meer gesellig warm nie. Die koue het my bekruip en ek ril.

Here, wat moet ek bid?

Behalwe vir geregtigheid en genade. Behalwe teen gruwel en bedorwenheid. Teen boosheid en die kruipende donker hier aan die Suidpunt van Afrika.

Maar net, Here, dat Taegrin Morris nie ten ene male verniet gesterf het nie.

AMEN

* Hierdie rubriek is die eerste keer op my Laevelder-blog gepubliseer by http://lowvelder.co.za/category/opinion/blogs/blogs-liezel/

Meer oor die skrywer: Liezel Lüneburg

Ek is ’n ma. Eerstens. Dit beteken: kok, sieketrooster, huiswerkhulp, tuinwerker, taxi-bestuurder, bewaarder-van-sedes-van-die-kleinspan, taakbouer, dissiplineerder, vrou, gesondheidswerker, huishoudster, bakker, dagboek-op-bene en bidder. Maar ook ’n nie-praktiserende prokureur met ’n LLD-graad in Kinderreg en nou vryskutjoernalis. ’n Goeie boek is onweerstaanbaar. Ek is ewe lief vir internasionale musiek, ’n goeie kunsfliek en die kruietuin langs my lieflike Laeveld-stoep. Kook is ook lekker. En braai. Net nie die gewone braaipraatjies nie...

Deel van: Goeie goed, Rubrieke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

D ·

Dis so hartseer dat ons kinders en oumense geraak moet word deur bose mense. Here God ons bid en ons smeek U, help ons hier in donker Afrika

Leonie ·

Hierdie storie was vir my die ergste wat ooit kon gebeur het met ‘n kind!!!! Wat gebeur met die saak of sloer die polisie nog soos gewoonlik??? Dalk moet die publiek daai skepsels gaan soek. Arme ouers! Jy kom nooit oor ‘n kind se dood nie.

Ann-Tennille ·

Every time I see his face, I start to cry. Just having the thought what if it was mine.
I pray God to guard his family, give them strength.

Eliza-beth ·

Dankie Liezel – jy het namens ons almal, maar veral namens Taegrin geskryf. Inderdaad, mag sy dood nie onnodig gewees het nie…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.