Toets jouself: Wat sê jou snor en baard oor jou?

Volgens Feedgag.com sê jou snor baie oor jou persoonlikheid – kyk gerus of dié ontleding by jou pas …

 Ongeskeer:

Jy het ʼn sterk karakter en uithouvermoë. Jy doen net wat jy wil en bekommer jou nie eintlik oor nietighede nie. Jy is gou verveeld wat ook soms beteken dat jy gereeld van plan verander. (Grafika: feedgag.com)

Foto: feedgag.com

Snor

Jy het die siel van ʼn ware heer – veral teenoor vroue, maar jou snor mag dalk sommige mense intimideer. Jy is ʼn trotse persoon en is mal oor die persoon wie jy is.

Foto: feedgag.com

Foto: feedgag.com

Snor en bokbaardjie

Jy kom soms “wild” voor, maar het eintlik ʼn baie sagte hart.

Foto: feedgag.com

Foto: feedgag.com

Bokbaardjie

Jy het ʼn sagte persoonlikheid, maar is soms ʼn bietjie neuroties. Jy gee om wat ander mense van jou dink en deel nie sommer jou gedagtes met ander mense nie.

Leiers en politici het gewoonlik hierdie tipe baard.

Foto: feedgag.com

Foto: feedgag.com

Bakkebaard

Jy het ʼn sterk selfbeeld en is geneig om gereeld in ʼn nuwe verhouding te wees wat langtermynverhoudings uitskakel.

Foto: feedgag.com

Foto: feedgag.com

Baard

Die mense om jou maak baie staat op jou. Daar is ʼn groot moontlikheid dat een van jou vriendskappe tot meer kan lei.

Foto: feedgag.com

Foto: feedgag.com

Stoppelbaard

Jy is vlymskerp en sensitief.

 

Foto: feedgag.com

Foto: feedgag.com

Glad geskeer

Jy het hoë standaarde – nie net vir jouself nie, maar vir ander mense ook. Jy is geneig om verhoudings te ernstig op te neem. Jy sal gou vrou vat en is nie bang om te misluk nie.

Foto: feedgag.com

Foto: feedgag.com

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Sanja ·

Chris,…….ek dink volbaard :………….jou skeermes se batterye is al ‘n geruime tyd pap…(lol)

zahn ·

Ja. En as julle dit glo, vader Kersfees is alweer oppad. Watse snert gaan mens nog uitdink? Twee mense met snorre kan hemelsbreed verskil. Dis nie die snor of baard wat mens maak nie. As jy jouself in ‘n pakkie wil toebind, doen dit, maar moenie veralgemeen nie. Dis gevaarlik.

Chris ·

Snaaks, ek het op ‘n stadium ‘n Zorro snor probeer kweek. Niks het vir my soos vir hom uitgewerk nie. Ek het net slae en afjakke gekry. Eish.

Jan ·

Hehehehe, ek het op ‘n stadium ‘n volbaard gehad, toe afgeskeer, maar my persoonlikheid het nie verander nie. Is daar iets fout met my?

weet net... ·

Mans met vol baarde en snor…. vrouens hardloop liewer weg – hulle steek iets weg!

CH ·

weet net….. ek stem 100% met jou saam. Die baarde is grillerig!!!

Louis Prinsloo ·

Ek het ‘n baard maar is skoon geskeer op my ken,keel en om my mond. Hmm dan is ek seker ‘n sider ahaha. Let wel, ek is nie ‘n sideline vir gebroke harte ens nie; ooknie iemand wat gou verveeld raak nie. Eerder iemand wat in lewe opbou, aanbou, verbeter en kosbare mense in my lewe behou

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.