[Foto’s] Trane ná gesin uitgeteerde hond ná 2 jaar opspoor

Milo by die skuiling (Foto: Facebook/Sasolburg Veeaarts

Milo by die skuiling (Foto: Facebook/Sasolburg Veeaarts

WAARSKUWING: Die foto’s onderaan die berig is baie grafies en kan sensitiewe lesers of kinders ontstel.

Debbie Joynt van Sasolburg en haar gesin is “in die sewende hemel” nadat hulle vandeesweek met hul vierjarige Bulterriër herenig is. Hy het twee jaar gelede uit die gesin se erf verdwyn. Polisielede van dié dorp het Milo vandeesweek, vasgeketting en uitgeteer, in Zamdela, ʼn informele nedersetting in Sasolburg, gevind.

Debbie het aan Maroela Media vertel die gesin was stukkend nadat hul geliefde hondjie twee jaar gelede verdwyn het.

“Ons het hom grootgemaak saam met worshondjies. Hy het nooit besef hy is eintlik ʼn bullterriër nie, omdat hy heeltyd deur die worshondjies omring was en ook ʼn regte skoothondjie was,” het sy vertel.

Milo saam met Debbie en haar man voor hy weggeraak het (Foto: Verskaf)

Milo saam met Debbie en haar man voor hy weggeraak het (Foto: Verskaf)

Polisielede van Sasolburg het Milo verlede week by sy eienaars weggeneem  omdat hy uitgeteer en vasgemaak was. Die polisielede het Milo na Purpaws for Life, ʼn niewinsgewende organisasie wat diere versorg, in die Vaaldriehoek geneem om gerehabiliteer te word.

Debbie se dogter het Milo Sondagaand vir die eerste keer op dié organisasie se Facebook-blad gewaar. Hulle het in ʼn Facebook-plasing vir fondse gevra vir sy rehabilitasie.

Hy het onder meer bosluiskoors en bosluisbuikkoors gehad en was erg ontwater. Sy tande is ook stomp en stukkend, “asof hy in die bek geskop is”.

“Sy het my 22:00 die aand gebel en gegil: ‘Mamma, ek het Milo gekry! Ek het Milo gekry!’ Ons kon dit nie glo nie. Ons kon hom uitken deur middel van sy een swart oor en die spikkel wit daarop.”

Die gesin het hom by die skuiling gaan optel en is eers met hom huis toe. “Hy het sy stert wild gewaai. Selfs die worshondjies het hom onthou en hom gelek. Hy is dadelik na die kamer toe en wou op die bed spring, want hy weet steeds hy mag op die bed slaap as hy goor voel.”

Hy is intussen vir 10 dae by ʼn ander sentrum gerehabiliteer en het amper 2 kg opgetel.

“En hy kom vandag [Vrydag] huis toe! ʼn Lang pad lê voor, maar ons gaan hom soveel liefde en aandag gee dat hy in ʼn japtrap gesond sal word,” het Debbie bygevoeg.

Die gesin het egter ʼn dubbele vreugde aangesien Debbie se derde kleinkind ook onlangs gebore is. “En sy kom ook vandag huis toe! Dit gaan wonderlik met ons.”

Debbie sê sy hoop die skuldiges gaan ook aan die pen ry. “Mens ervaar soveel woede saam met die verligting. Mens kan nie glo dat iemand so iets aan ʼn onskuldige dier kan doen nie. Hy was nog nooit naar met enigiemand nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Erika ·

Ek is so baie bly saam met julle. Hy het nou baie TLC nodig en ek weet sommer hy gaan dit kry. Ai dat hy nou dit moes deurgaan. Sterkte vir die pad vorentoe en geniet hom terdee!!!!

Marietjie ·

Ek is so dankbaar dat julle Milo terug gekry het. Bullterrieriers is wonderlike honde. Ek hoop sy vertroue in mense herstel gou. Met al jul liefde en aandag glo ek dit sal. Sterkte.

Gert ·

Die wonderlikste gebeurtenis waarvan ek lees in ‘n lang tyd. Ek kan sommer sien hy gaan weer vavooraf soos ‘n mens hanteer word. Sterkte aan sy mens Pa en Ma en ons is saam met julle bly!!!!!!!!!

Karin ·

So verskriklik dankbaar dat Milo gered is en terug is by sy eienaars. En woedend oor die vieslike diewe wat die arme hond gesteel en so verinneweer het. Ons gesin het ook jare lank die voorreg gehad om ons huis met ‘n Bulterrier genaamd Prins te deel en hulle is wonderlike honde. Sterkte aan Milo en sy mens- en hondegesin. Mag hy vinnig en volkome herstel en ek weet sommer hy gaan al die liefde kry wat hom toekom.

Kathy Strehler ·

Oh I am sitting here crying. So happy that dear Milo has been saved.

Gert van Heerden ·

Ek is ‘n Bulterriër liefhebber en ek hoop van harte Milo gaan vinnig vet en gesond word. Sterkte aan die gesin met die rehabilitasie proses!

Lomea ·

As dit my hond was het daai man gewens hy het my nooit geken nie! So bly vir hierdie gesin, arme dier! Jammer oor sy tande wat nou blywende skade opgedoen het.

Adeline ·

Selfde hier Maryna! Ek is sooo bly Milo is veilig terug, hy nou baie liefde nodig?

Wilmien ·

One happy ending !!!! Baie bly vir julle…ons bul-terrier het ook `n paar jaar gelede uit ons erf verdwyn en ons huil nou nog oor haar

Wilma Visser ·

Ai, ek dink die hond het nou baie liefde nodig en dit is wat hy/sy wel gaan kry… En moet baie liefde en ‘n warm bedjie, sal hy/sy gou herstel… Geniet die nuwe kleinding en weer julle eerste liefde…

celeste ·

Ag laat weet ons tog ook hoe dit met hom gaan asb. Ek is vreeslik bly julle het hom gekry.

Charmaine Vermaak ·

Ek is so bly vir hulle part. Het al gewonder kan ons honde nie een of tracker belde/chips kry of so iets nie. Ons het laas jaar ook ons hond verloor ( bullterrier -vroeg in desember op my verjaarsdag ) deur iemand wat huur wat die hek oopgelos het. Ek was SAP toe DBV toe. Hulle was behulpsaam. Uiteindelik het ons die hond +- 10 km van ons huis gaan haal nadat ons die mense gedreig het met sake van diefstal. Groot was die vreugde toe die mense ons Oujaarsdag middag bel om haar te kom haal. Dis ons kinders ( My man slaap skoon met ons jack russel in die bed en hy shower saam met hom) hahahahaha

Charmaine Vermaak ·

Ek is so bly vir hulle part. Het al gewonder kan ons honde nie een of tracker belde/chips kry of so iets nie. Ons het laas jaar ook ons hond verloor ( bullterrier -vroeg in desember op my verjaarsdag ) deur iemand wat huur wat die hek oopgelos het. Ek was SAP toe DBV toe. Hulle was behulpsaam. Uiteindelik het ons die hond +- 10 km van ons huis gaan haal nadat ons die mense gedreig het met sake van diefstal. Groot was die vreugde toe die mense ons Oujaarsdag middag bel om haar te kom haal. Dis ons kinders ( My man slaap skoon met ons jack russel in die bed en hy shower saam met hom) hahahahaha

Andrea ·

Dankie liewe Vader Milo is gered en by sy mense.
Wens só ek kon al die ander diere wat so swaarkry gaan red.
Geniet hom, mense.

Bianca ·

Ag hoe lekker huil ek nou! So bly julle Milo is terug en dat hy nou veilig is met mense wat hom baie lief het.

m ·

Sooooo bly dit het darem n goeie einde gehad. Vir baie honde in hierdie lokasies is dit maar n nagmerrie want hulle kry geen liefde of kos nie, net heeldag aan kettings vasgemaak…..

Justa ·

Alle diere moet uit “townships” verwyder word. Hulle lewe is elke dag n marteling. Wetgewing moet ingestel word wat hierdie mense verbied om diere te mag besit. Al moet hulle nou almal uitgesit word. Dit sal n verlossing vir hulle wees. Wat ek al gesien het het my laat huil.

Andrea ·

Is daar nie iets wat mens kan doen om dit te bewerkstellig nie? Toe ek in die jare 80 student was, het ek en my suster vakansietye vir DBV gewerk. Met eie petrol op en af in townships gery om diere te red. Sommer net die diere wat so mishandel was weggevat van eienaars. Wens ek kon dit weer doen.

André ·

Ek onthou dat ons moes altyd Hone belasting of lisensies betaal en die inspekteurs het gereeld kom kyk hoe die diere versorg word. Daar is verbasend baie diere nalatigheid in die gegoede wit areas ook.

a bredenhann ·

My staffie ook gesteel en weer na 3mnde terug gekry na plakkate en n beloning,dis die lekkerste gevoel ooit,net hartseer om te sien hoe hul n mens se hond verniel,barbare,so bly vi julle!

Mel ·

Ag siestog my hart is sommer seer, trane van dankbaarheid dat hy terug is waar hy hoort, hul is deel van mens, bederf en pamperlang Jul Pragtige hond, hy sal gou weer sy lyk terug kry!!!!

Sue ·

Ek het n knop in my keel as ek net na daai gesiggie kyk. Ek is so bly hy het sy mense ouers gekry want mens kan sommer sien hulle het liefde vir hom. Ek het self 9 honde waarvan 2 bullterrier pitbulle kruising is. Ons moet hulle ongelukkig skei van mekaar want hulle baklei erg maar onslae raak nooit nie want hulle is my kinders dan suffer ek maar elke dag die drill van honde in honde uit en honde in die huis. Geniet hom hy gaan weer gesond word.

foxi ·

As dit my hond was en ek het hom na so n lank tyd gevind……sou ek hom van poot tot ore gesoen het. Daardie ogies vertel n verhaal van pyn en lyding.
Mag hy julle soveel vreugde verskaf.

André ·

Ek weet hoe bly hierdie gesin moet voel Ons het Saterdag en Donerdag twee Yorkies verloor. Dit is hartseer darem is ek baie bly vir die gesin!!!!!!!

Lizel ·

Groot bedanking moet gaan aan Dr Letitia Koen-Swartz van Sasolburg Dierehospitaal. Sy het Milo gesond gedokter. Die foto op die voorkant van hierdie berig is van ons geliefde dokter wat Milo ‘n REUSE soen gee.
Dr Letitia is nou betrokke by ons diere-reddingsorganisasie PurrPaws for Life en doen so baie vir die stomme diere-kinders wat weggegooi en verwaarloos is.
Aan Milo en sy gesin….geniet elke oomblik saam…

Fransisca ·

Dit gaan my verstand te bowe….. jy steel n hond uit iemand se erf gaan maak hom vas, mishandel hom en laat hom uit teer vir wat…. Mense wat mens se liefde troetel diere steel is gemeen!!!!! Ek hoop Milo herstel volkome en ek is van harte bly hy is weer by sy geliefde gesin

wilma ·

Stem saam Justa. Verwyder alle diere uit agtergeblewe gemeenskappe. Jyt ni kos vi jou kids ma wil diere aanhou. Hond op Oudtshoorn uitgeteer het kind doodgebyt en hond uitgesit. My hart gan uit na die verwaarloosde diere. Ons hond is ons kind

NICKEY VAN NIEKERK ·

Ek juig saam met julle.
Sorg dat hy nooit weer naby ‘n hek kom waar hy verwyder kan word nie. Laat dadelik ‘n MIKROSKYFIE by jul plaaslike veearts in sit, ook ‘n naamplaatjie om sy nek.
Hoop die DBV maak ‘n hofsaak teen daardie gemors wat hom so mishandle het,

NICKEY

Helene ·

Ek is ‘n baie groot bulterrier / diere liefhebber. Sooo bly vir ‘n mooi einde vir Milo. So bly jou lyding is verby. Wens ek kon jou ‘n drukkie gee!! Mag jy met liefde en deernis oorlaai word!!

danie myburgh ·

Dit is so wonderlik. Daar moet n wet wees om sulke diewe swaar te straf verkies met harde dwangarbeid. Weet die hond gaan weer vir julle ggroot vreugde bring.

Antionette ·

So paar maande terug is my jack russel baba gesteel uit my erf uit, ongelukkig vi die “meneer” en gelukkig vir my het ek vroeg van die werk af gekom en oppad huis toe (6blokke van my huis af) “meneer gesien loop in die straat met my hond onder sy arm. Toe ek stop en vra wat hy het het hy geantwoord dis n hond wat hy in die straat gekry het en ek kan hom koop by hom, toe hy hoor ek is die “ma” van die hondjie en ek die hond vat, kies “meneer” die hase pad. Maar ongelukkig vir hom het ek nie opgegee nie en hom agterna gesit. Met die hulp van ander het ons hom plat getrek en my woede het oorgeneem. Ek kon egter nie vir 2 dae op my voet trap nie maar dit was die moeite werd! Lol. My baba is veilig terug by die huis en hy haat enige vreemde mense! Die arme “kind” ! Ek is so bly Milo is ook veilig, net jammer dat hy die pyn en lyding moes deurgaan. Sterkte vir die pad vorentoe en ek weet hy sal volkome herstel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.