Die gewilde GROOT Ontbyt aanbieder en radiopersoonlikheid Hendri Myburgh het Maandagmiddag vir die eerste keer pa geword.
Myburgh het ʼn skattige foto op Facebook gedeel waar sy vrou, Zonica, saam met hul seuntjie, Marloux, in die hospitaal lê.
“Ons staan vandag in verwondering en met baie liefde in ons hart! Die Here het ons geseën met ʼn pragtige seun,” het hy op Facebook geskryf.
Marloux is gesond, weeg 3, 280 kg en is ʼn volle 50 cm lank.
Die nuwe ouers het aan kykNET vertel die bulletjie het hulle harte sommer gou reeds gesteel. “Ons het gedink ons weet wat liefde is, maar liefde het nou ’n nuwe definisie.”
Boodskappe van gelukwense het intussen begin instroom. Hendri het ook ondersteuners op sosiale media bedank. “Dankie vir almal se gebede. Ons is geseën,” het hy bygevoeg.
Besoek sy Facebook-blad.
Dankie Maroela. Vir my beteken jul nuus gedurende die week baie, aangesien ons nie koerante kan bekostig nie en dit sodoende nie koop nie. Ons waardeer al die nuus.