Twee weke om te leef: Man veg verwoed

Adrian Hosken en sy kinders, Noah (regs) en Adriella (Foto: Facebook)

Adrian Hosken en sy kinders, Noah (regs) en Adriella (Foto: Facebook)

Adrian Hosken, ʼn Suid-Afrikaanse man wat slegs weke gegee is om te leef ná ʼn vyf jaar lange stryd teen ʼn rare maagkanker, veg nou verwoed om geld in te samel vir alternatiewe kankerbehandeling. Hy wil só sy leeftyd “probeer verleng” om meer tyd saam met sy kinders, onderskeidelik twee jaar en nege maande oud, te kan deurbring.

Hosken het aan The South African vertel hy is in 2011 met blindedermkanker gediagnoseer, en sou kort daarna ʼn eenvoudige operasie ondergaan om dié blindederm te verwyder.

Hy het egter “by die dood omgedraai” toe sy blindederm voor die tyd gebars het, en die kanker na sy lewer, diafragma en buik versprei het.

Dokters het aan dié gesin vertel dat die kanker te aggressief is vir chemoterapie om doeltreffend te kan werk, daarom is Hosken kanker-terminaal in 2013 gediagnoseer.

Hosken se vrou, Angela, het nou as ʼn laaste poging om haar man aan die lewe te hou “sodat hy meer tyd saam met sy kinders kan deurbring”, ʼn profiel op die skarefinansieringswebwerf Go fund me gestig.

Sy sê die gesin se twee kinders Noah (twee jaar) en Adriella (nege maande), sou “nie verstaan” as hul pa nie meer daar is nie.

Hosken vertel sy kinders is “wonderwerke”, omdat dokters vroeër in 2011 gesê het dat die aggressiewe kanker hom onvrugbaar sal maak.

“Ek is 39 jaar oud, en beslis nog nie gereed om my vrou en kinders agter te laat nie,” het hy gesê.

Die gesin het op die skarefinansieringswebwerf geskryf dat hulle hulself tot die publiek wend om geldskenkings in te samel nadat Hosken ʼn dokumentêr gekyk het.

“ʼn 30-jarige vrou het in die dokumentêr gesê sy kan skaars haar pa onthou wat oorlede is toe sy tien jaar oud is. Daarom wil ons met die alternatiewe kankerbehandeling my lewe ten minste tot 2025 probeer verleng sodat ek my dogtertjie tien jaar oud kan sien word,” skryf hy.

Viroterapie, die alternatiewe behandeling waarna die egpaar kyk, sal sy lewe glo met twee jaar verleng. “Dit sal ons meer tyd gee om verder na ander behandelings te soek,” het Angela gesê.

Viroterapie behels dat “goeie” virusse in die liggaam ingespuit word om aktief teen die kanker te veg. Hy wil ook immunoterapie ondergaan, wat ook ʼn spesiale soort behandeling is waartydens die liggaam se eie immuunstelsel versterk word om teen die kanker te baklei.

“Ons weet nie wat gaan werk nie. Ons wil net alles op die proef stel wat hom sal help oorleef,” het Angela gesê.

Besoek die Adrian’s Fight vir 2025 and beyond Facebook-blad of Go Fund Me-webwerf vir meer inligting oor skenkings.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

42 Kommentare

Siestog ·

Sterkte aan die hele gesin en familie. Iemand wat nie daardeur is nie weet nie wat die word kanker beteken nie. jy kan jou indink, maar dit is ‘n rowwe rit.

MJ ·

As ek ‘n boodskap na hom kan oordra. Adrian as jy God as jou saligmaker aanneem, hoef jy nie bekommerd te wees nie, As dit jou tyd is, gaan met geruste hart. Ons Vader sal sorg vir die wat agter bly.Ek het Jesus in my lewe aangeneem en se altyd vir myself al gebeur wat die wat agterbly moet aanvaar, en hulle weet dat ek sal hemel toe gaan want God woon in my.Bly bidden by God is niks ontmoontlik nie. As hy mense uit die dood kon wek wat nog te se om ons gesond te maak. Ek was eendag so siek , maar ek het gebid en die Here te vra om my gesond te maak, en glo my ek is binne 5min genees,dit was my geloof,my broer so net leef tot 7jaar, vandag is hy amper 30jaar en werk vir die Here, so kan ek baie vir jou vertel. Ek bid vir jou en jou gesin

watookal ·

God kan ook maar net soms kanker genees as mens behandeling kry.

Karma ·

Kyk, ek weet darem nie so lekker van dié verhaaltjie, hoe juis dit kan wees nie. Verstaan muy nie verkeerd nie, as mnr. Hosken werklik terminaal siek is, lê al my simpatie by hom en sy gesin.

Ek het jare gelede ook met ‘n geïnfekteerde blindederm gesit wat op die ou einde gebars het en sekondêre infeksie dwarsdeur die hele buik versprei het, maar dit het nie tot summiere terminale kanker gelei nie. Nou ja, elke geval is uniek op sy eie, maar as dié ou reeds in 2011 terminaal-siek gediagnoseer was ….. hoe is dit dat hy intussen twee kinders kon verwek? En viroterapie gebruik om die kankerselle te beveg, maar nie chemo nie (al sê die dokters chemo is te swak vir dié aggressiewe soort kanker)? Dan wil hul sy immuunstelsel versterk deur immunoterapie – maar dan gaan die viroterapie mos futiel wees, of hoe? Nee wat, ek ruik ….. iets nie reg nie.

Kiepie ·

Karma, as jy weer lees sal jy sien hy is in 2011 met BLINDEDERMKANKER gediagnoseer en nie met ontsteking in sy blindederm soos in jou geval nie. So jy is reg, jou infeksie sou waarskynlik nie omgeskakel het in kanker nie. Luck you.

Karma ·

@IL, hoekom dan nou? Lees mooi, stadig my eerste paragraaf. @Kiepie, ek sê mos elke geval is uniek … en ek lees nogal mooi en goed. Ek het die gedeelte van die kankerdiagnose die eerste keer reg en raakgelees. Ek kan nog steeds nie dink dat kanker blitsvinnig sal versprei na die res van die intestine en manlike voortplantingsorgane nadat ‘n kanker-deurdrenkte blindederm gebars het nie. My vraag is steeds, as hy dan steriel sou wees na verspreiding van die kanker, waar kom sy twee baba-engeltjies dan vandaan? Al wat ek sê is, mense, moenie net alles vir soetkoek opeet nie – dink bietjie wyer, lees na (Google goed soos virology en immunology). Hmm-uhm, ek sê nog steeds ek ruik …. iets wat nie lekker is nie.

Kiepie ·

Karma, jy vra dan by implikasie hoe dit moontlik is dat as jou infeksie nie omgeskakel het in terminale kanker nie, hoe dit dan moontlik is dat dit met hierdie man kon gebeur. Dit nie dalk ook moontlik dat die kanker deur sy bloedstroom versprei het soos in baie ander gevalle en nie agv die bars nie? En hulle is ook beslis nie die eerste mense wat swanger word nadat die dokters gesê het die kanse is skraal of geen daarvoor nie. Maar ruik jy maar jou “iets wat nie lekker is nie” terwyl die res van ons vir hulle bid (en die wat hulle weg oop sien ‘n bydrae maak).

Roti ·

Iemand wat al solank kanker het en nou terminaal is met 2 weke oor is lyk hy heeltemaal te “vet” en gesond……. Maagkanker teer vir jou uit tot vel en been….. Karma ek stem saam ruik’n ……..

Cornél ·

@Roti, gaan bietjie op Facebook en kyk deur al die posts op Adrian’s Fight for 2025 and beyond. Daar sal jy sien dat hy bitter maer en uiters siek is. Die fotos in die media is etlike maande tevore geneem. Jou kommentaar is dus nie geregverdig nie. Daar’s g’n rot nie, daar’s slegs ‘n strewe om te leef, vir hoe lank ook al hom beskore, ter wille van sy kinders. Of God dit so beskik of nie is nie vir ons te betwyfel nie.

Jeanne ·

Ai as mense so sleg lees en dan nog negatiewe kommentaar ook lewer, die man het KANKER in sy blindederm gehad, dit was nie net geinfekteer nie, daar is ‘n baie groot verskil, so toe die blindederm bars, het die KANKER versprei, verstaan, nie die INFEKSIE nie, die KANKER … Oral waar kankeruitgroeiseltjies gaan lê groei en versprei dit. Wens eerder die gesin alle sterkte en beterskap toe. Kan nie glo mense is so ongevoelig en dit net omdat hulle probeer dokter speel of speurder Colombo nie. Julle het nie al die feite nie, dis nie asof die ou homself uittrek sodat julle kan sien hoe maer hy is en afneem hoe siek hy elke dag is nie , mag dit JULLE nie tref nie KARMA, jou naam is juis KARMA ..

Jakoba ·

Karma al gehoor van metatases? Metatases is waneer ‘n kankersel van die ouer tumor wegbreek en die vloei van kos volg nl uriene, bloed na ander organe versprei, dit neem net een of twee kanker selle om te beland in lewer, maag, longe en daar te groei. Baie vrouens wat sterf aan bors kanker sterf a.g.v. metatases m.a.w die kanker groei in die longe, lewer, ens

Jeanette ·

Jy moet dalk weer gaan lees, want jou comment is onvanpas!! As jy niks weet nie eerder beter jy bly stil.

Mariana ·

As ek dalk net vir Karma iets kan se. My ma is gediagnoseer met kanker toe ek 11jr oud was, drs het ook vir haar gese sy sal nie weer kan swanger raak nie. 4jr later was sy swanger, drs het alle toetse gedoen en geen teken van kanker by haar gekry nie, 3md na my boetie se geboorte was sy deur trek van die kanker, so elke mens verskil hierdie mense gryp na enige iets om net nog bietjie langer te kan bly, en om hulle lewe net bietjie meer draagliker te kan maak ek en my boetie sal ook graag vir haar langer by ons wil hou, maar tegnologie destyds was nie so ver gevorderd soos nou nie, so dink asb. 2 keer voor jy se jy ruik ….. hoop en bid net dat wat hierdie mense deurmaak nie oor jou pad eendag kom nie.

Theresa M ·

Sterkte aan hom en familie. Ek verstaan egter nie die besluit om 2 kinders te he na hy in 2011 gehoor het hy het terminale kanker nie. Kan iemand dit aan my verduidelik.

chris ·

Ai ai, my gebede gaan aan die familie ! Baie sterkte en weet net daar is Iemand groter as ons almal en vir Hom, ( Jesus ) is daar niks onmoontlik nie . Karma, skaam jou vir jou onsensitiewe opmerkings en boonop is dit totaal onvanpas, hoop nie so iets tref jou ooit nie !!! Sies man .

Rens Roodt ·

Mag Vader homself aanraak soos net Hy kan en n Wonderwerk uit Sy Hand sal genesing bring – moenie moed verloor nie – hou aan bid – niks is ooit onmoontlik nie

Lithop ·

Dis tyd dat jy jou vereenselwig met die lewe, wat altyd net een einde het, Adrian. Vra maar vir Oom Herrie hier van Maroela Media; hy wat so graag sy eie beproewinge met kanker deel met die van ons wat ook kanker het maar nie die hele wêreld vir simpatie of geld vra nie. Sterf met waardigheid. En sterkte.

Daan ·

EK gaan seker op baie mense se tone trap. Geld kan nie gesondeid koop nie. Selfsugtig om te bly lewe vir jou kinders.

Ons skepper, die Here het ons aarde toe gebring en ons moet afhanklik van Hom wees. Soos in berig in Netwerk23 is daar nou bewys dat kanker van die begin af al daar is en word nie veroorsaak deur lewenswyse nie. Draai om, Bid tot die Here, hy wil miskien vir ons iets leer uit die man se siekte, Hy is magtiger as enige dokter, slegs Hy kan jou genees.

Dalk wil Hy jou kom haal om vir die ander mense te sê die ewigheid is baie belangriker as 39 jarige ouderdom, wil ons net 39 jaar saam iemand lewe, of wil ons vir ewig saam iemand te lewe, dit is jou besluit

Jeanne ·

“selfsugtig om te wil bly lewe vir jou kinders” . dit is die mees ONSELFSUGTIGSTE daad wat daar is, dat jy bereid is om pyn en lyding te vat op ‘n daaglikse basis om langer vir hulle daar te kan wees sodat hulle ook ‘n pappa kan ken? Hoe op aarde kom jy by selfsugtig uit? Mens se drang om te oorleef is die grootste, en dis jou een lewe wat jy het waarvan jy die beste moet maak, en as jy dit (siek of gesond) by jou kinders wil deurbring is dit JOU keuse, nie jou wat Daan s’n is nie. Gee hulle ‘n kans, dit is nie in jou hande nie, gelukkig nie.

Heike ·

Ons Moeder is 3 en ”n half maande terug met galblaas kanker gediagnoseer. Die een dag was sy nog gesond. Die volgende dag in die hospitaal. Sy is 16 Julie oorlede. Ja ons het alles probeer, selfs een chemo sessie wat ”n groot terugslag vir haar was, maar sy het aanhou baklei. Ons het gegoogle en het begin met alternatiewe medikasies aangesien daar niks meer was wat die dokters vir haar kon doen nie. Ons het my Pa op dieselfde wyse afgestaan aan die dood. Ek HAAT kanker. Iemand wat nog nie self daardeur is nie kan onmoontlik nie verstaan nie. Maar waar daar lewe is, is daar hoop. Waar daar hoop is is daar die wil om terug te baklei. Ek bid dat die Here hierdie familie die krag sal gee om elke dag met nuwe moed aan te pak.

Manie ·

Adrian. My Pa was gesiagnoseer met prostaat kanker n jaar terug. Daar is n natuurlike produk beskikbaar in doe winkels. Dr’s wil dit nie herken nie want dit is nie medesinaal nie. My vrou het dit vir my pa gegee en glo my sy kanker os 100% genees sonder enige bestraling. Het jy geweet bestraling is slang gif. En verder is dit wat n mens dood maak. Die middel is bewys tussen ons vriende en hulle leef almal nog. Glo my dat gebed en geloof 200% saam werk. Doen jou self n guns en kontak vir my vrou. Daar is geen omkoste na ons toe nie net raad. [email protected]

dom ·

As mens julle skynheilige kommentaar lees raak n mens siek. Dit is dieselfde mense wat voor in die kerk banke sit en bid. Kyk maar eers na jul eie lewe voor julle neerkyk op ander.

Jeanne ·

Ek stem, groot Afrikaner Christene wat niks voel vir ander nie en net sal afbreek en afkraak en verneder en kritiseer waar hulle kan .. selfs ‘n ou wat kanker het word nou uitmekaar getrek. Gelukkig leer die lewe elkeen ‘n lessie, what goes around, comes around.

LS ·

dom, ek stem HEELTEMAL saam met jou, GOEISTE, ek skaam my vir ‘n paar van die comments REGTIG DIS SIEK VERBY!!!
Sterkte Adrian en familie, my hart gaan uit na julle. Mag die Liewe Vader se wil geskied, my gebede is met julle.

lea venter ·

As n mens glo sal God jou gesond maak. Daar is derduisende wat uit die kanker stryd gesond uitgekom het en nog steeds leef. .Sonder God is ons niks met Hom en jy sal kry wat jy vra! Sterkte

Andrea ·

Regtig, Lea? En dink jy al die Christene soos my ouma, ma en ousus wat kinders van die Here was het nie gevra om genees te word nie?! Die feit dat hul dood is beteken dus volgens jou hul het nie geglo in God nie?! God doen wat Hy wil.

Ilze ·

My vriendin se man n maand gelede oorlede aan maagkanker na dr vyf maande gegee het, was nie eers twee. Hy was self lank siek en het ook twee klein kindertjies maar as dit jou tyd is is dit jou tyd

Jeanne ·

Baie sterkte, probeer enigiets, daardie ou kleintjies is nog bitter klein en verdien om hulle pappa langer by hulle te hê. Hoop regtig die alternatiewe behandeling werk, al verleng dit ook net sy lewe, elke dag is kosbaar, die bonus sal wees as hy heeltemal genees is .. dit kan ook gebeur .. wonderwerke gebeur steeds.

SkarrelKind ·

So trek baie van die gemoedelike, Christelike, Goedvresendse Afrikaners, ‘n terminaal siek man in stukke, veroordeel hom omdat hy langer vir sy kinders “wil bly” en voer aan sy storie is ‘n versinsel, en dit sonder enige FEITE Mooi man!

Maggie van Zyl ·

Hulle het eergister op Bosveld stereo oor ‘n alternatiewe behandeling, met ‘n Raymond van die Institution of Health Science, gepraat, i.v.m. ‘n hoë frekwensie behandeling vir siektes. Die masjien is skynbaar in die omgewing van R38 000 om aan te koop, of te huur teen die R590 per maand. SMS die volgende nommer, 33645 hulle sal die inligting vir julle aanstuur. Die persoon wat die verhuring doen, se pa het by die dood omgedraai toe hulle met hierdie behandeling begin het. Binne 2 maande was sy kanker skynbaar byna weg.

Frikkie Brits ·

Afbrekende kommentaar het niemand maar niemand nog ooit goed gedoen nie, ook nie die persoon wat dit besig nie. As jy nie iets goeds oor iemand kan se nie moet dan liewer niks se nie, dit is per slot van rekening net jou eie beskeie mening.

Gideon ·

Ek is nou nie ‘n doodskenner nie, maar as ek na daardie man kyk, reken ek hy kan maar opstaan en begin leef!!

Hannelie ·

Al wat ek kan sê as ek die “sarkastiese en afbrekende” kommentaar lees, is hier darem baie “dokters” wat kommentaar gelewer het. Julle lyk my is “experts” van kanker, hoekom het jul nog nie ‘n geneesmiddel gevind nie? Skaam my eintlik vir julle.
Ek weet van ‘n vrou wat gesond was en ewe skielik limfkanker gekry het, sy het 2 maande geleef. Elke kanker verskil van mens tot mens. My skoonpa het ook aggressiewe kanker gehad: bynier, dikderm, lewer en long. En ons gebede het hom gedra sodat hy nog vir 4 jaar vir ons “geleen” was.
Kom ons bid eerder vir die gesin en die klein kindertjies wat dalk sonder ‘n pappa gaan grootword.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.