Twee weke om te leef: Man veg verwoed

Adrian Hosken en sy kinders, Noah (regs) en Adriella (Foto: Facebook)

Adrian Hosken en sy kinders, Noah (regs) en Adriella (Foto: Facebook)

Adrian Hosken, ʼn Suid-Afrikaanse man wat slegs weke gegee is om te leef ná ʼn vyf jaar lange stryd teen ʼn rare maagkanker, veg nou verwoed om geld in te samel vir alternatiewe kankerbehandeling. Hy wil só sy leeftyd “probeer verleng” om meer tyd saam met sy kinders, onderskeidelik twee jaar en nege maande oud, te kan deurbring.

Hosken het aan The South African vertel hy is in 2011 met blindedermkanker gediagnoseer, en sou kort daarna ʼn eenvoudige operasie ondergaan om dié blindederm te verwyder.

Hy het egter “by die dood omgedraai” toe sy blindederm voor die tyd gebars het, en die kanker na sy lewer, diafragma en buik versprei het.

Dokters het aan dié gesin vertel dat die kanker te aggressief is vir chemoterapie om doeltreffend te kan werk, daarom is Hosken kanker-terminaal in 2013 gediagnoseer.

Hosken se vrou, Angela, het nou as ʼn laaste poging om haar man aan die lewe te hou “sodat hy meer tyd saam met sy kinders kan deurbring”, ʼn profiel op die skarefinansieringswebwerf Go fund me gestig.

Sy sê die gesin se twee kinders Noah (twee jaar) en Adriella (nege maande), sou “nie verstaan” as hul pa nie meer daar is nie.

Hosken vertel sy kinders is “wonderwerke”, omdat dokters vroeër in 2011 gesê het dat die aggressiewe kanker hom onvrugbaar sal maak.

“Ek is 39 jaar oud, en beslis nog nie gereed om my vrou en kinders agter te laat nie,” het hy gesê.

Die gesin het op die skarefinansieringswebwerf geskryf dat hulle hulself tot die publiek wend om geldskenkings in te samel nadat Hosken ʼn dokumentêr gekyk het.

“ʼn 30-jarige vrou het in die dokumentêr gesê sy kan skaars haar pa onthou wat oorlede is toe sy tien jaar oud is. Daarom wil ons met die alternatiewe kankerbehandeling my lewe ten minste tot 2025 probeer verleng sodat ek my dogtertjie tien jaar oud kan sien word,” skryf hy.

Viroterapie, die alternatiewe behandeling waarna die egpaar kyk, sal sy lewe glo met twee jaar verleng. “Dit sal ons meer tyd gee om verder na ander behandelings te soek,” het Angela gesê.

Viroterapie behels dat “goeie” virusse in die liggaam ingespuit word om aktief teen die kanker te veg. Hy wil ook immunoterapie ondergaan, wat ook ʼn spesiale soort behandeling is waartydens die liggaam se eie immuunstelsel versterk word om teen die kanker te baklei.

“Ons weet nie wat gaan werk nie. Ons wil net alles op die proef stel wat hom sal help oorleef,” het Angela gesê.

Besoek die Adrian’s Fight vir 2025 and beyond Facebook-blad of Go Fund Me-webwerf vir meer inligting oor skenkings.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

42 Kommentare

jongste oudste gewildste
Denise

Sterkte aan die familie !!!

N

My hart is so seer vir hierdie gesin.

Siestog

Sterkte aan die hele gesin en familie. Iemand wat nie daardeur is nie weet nie wat die word kanker beteken nie. jy kan jou indink, maar dit is ‘n rowwe rit.

MJ

As ek ‘n boodskap na hom kan oordra. Adrian as jy God as jou saligmaker aanneem, hoef jy nie bekommerd te wees nie, As dit jou tyd is, gaan met geruste hart. Ons Vader sal sorg vir die wat agter bly.Ek het Jesus in my lewe aangeneem en se altyd vir myself al gebeur wat die wat agterbly moet aanvaar, en hulle weet dat ek sal hemel toe gaan want God woon in my.Bly bidden by God is niks ontmoontlik nie. As hy mense uit die dood kon wek wat nog te se om ons gesond te maak. Ek was… Lees meer »

MAGDA

By GOD is niks ontmoontlik nie.