Usain Bolt: ‘Sonder Hom is ek niks’

Usain Bolt by vanjaar se Olimpiese Spele (Foto: Google Olympics)

Usain Bolt by vanjaar se Olimpiese Spele (Foto: Google Olympics)

Usain Bolt van Jamaika, oftewel “die vinnigste man wat leef”, het vandeesweek sy agtste goue Olimpiese medalje verower nadat hy by vanjaar se spele vir die derde agtereenvolgende keer goud in die mans 100 m- en 200 m-items losgehardloop het. Dit is egter die atleet se openlikheid oor sy geloof en verhouding met God wat harte verower.

Bolt het vanjaar die 100 m voltooi in 9.81 s en die 200 m in 19.78 s.

Hy het vroeër vandeesweek ook baie media-aandag gekry nadat hy ʼn onderhoudvoerder in die middel van sy vraag gestop het om sodoende respek aan die VSA se volkslied te toon terwyl dit speel.

Die atleet, wat op 21 Augustus sy 30ste verjaarsdag vier, skryf sy sukses grootliks aan sy geloof toe.

Sy familie het vandeesweek ná sy oorwinning in ʼn verklaring gesê alle eer word aan God gegee vir sy oorwinning. “Usain glo in die Bybel en hy vereer en aanbid God. Nêrens [in die media] lees ʼn mens raak dat hy dié eer aan God gee nie,” het sy familie gesê.

Die atleet is bekend daarvoor dat hy altyd bid of die Katolieke kruisteken maak voor ʼn wedloop.

Usain Bolt in 2012 (Foto: BBC)

Usain Bolt in 2012 (Foto: BBC)

Bolt het hom al telkemale tot sosiale media gewend om oor sy geloof te praat. “Ek wil God bedank vir alles wat Hy al vir my gedoen het, want sonder Hom is ek niks.”

Die atleet het egter aan die BBC gesê dat hy teleurgesteld is oor sy onlangse prestasie, omdat hy sy vorige tyd van 19.30 s, wat hy by die Olimpiese Spele in Beijing opgestel het, wou verbeter.

“Dit is iets waarvoor ʼn mens so hard werk – wanneer die oomblik kom, is wen net ʼn verligting. Soveel ander dinge kon skeefgeloop het. Ek was nie gelukkig met die tyd nie, maar ek word ook ouer. Ek voel egter nie onder druk nie, omdat ek nie vooraf aandag aan die media gee nie,” het hy aan die BBC vertel.

Kenners het egter gesê die nat bane, as gevolg van die reën, kon ʼn uitwerking op sy prestasie gehad het.

Bolt het gesê hoewel hy “ʼn groot begeerte het om deur die 19 sekonde-merk” te breek, word die tyd om op dié vlak mee te ding reeds minder.

Hoewel hy geen aanduiding gegee het nie, het Bolt onlangs aan die media erken hy wil “binnekort aftree”.

Bron: BBCChristian Today, Q-Political

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

jennefer ·

Hy is een van die min wat die “guts” het om te getuig.

Isamien Luzmore ·

Sjoe wat n wonderlike getuienis van hom….. Dis hoekom hy so kan presteer want hy ken vir Jesus en Jesus hou hom vas….. Dankie vir mooi getuienis….

Marianne ·

Happy birthday my hero!!!!
You will never know how much respect I have for you.
You are a champion of champions and I salute you!!!
May God be with you and your family always.
I WILL NEVER FORGET YOU!

henry ·

In n goddelose wereld is dit ongelooflik dat n super ster soos Bolt die die Hemelse Vader so openlik prys vir sy prestasies… die Here is ons oplossing vir al ons probleme en ons moet Hom die lof toesing wat Hom toekom sonder skaamte soos Bolt!

Louis ·

…maar in dieselfde asem se hy ook dat dit ok is om ontrou te wees, blykbaar is dit moeilik om net een maat te he. Dis nou volgens hom. As die vrugte wat hy openbaar in die geheim nie getuig van sy uitspraak oor sy geloof in die openbaar nie is sy geloof vals.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.