Vergete ondergrondse Jhb-tonnels word dalk ikoniese wandelpaaie

Die area waar die ondergrondse tonnels ontdek is (Foto: Flash Fotografie/Rasty Knayles/Baily Liackman)

Die area waar die ondergrondse tonnels ontdek is (Foto: Flash Fotografie/Rasty Knayles/Baily Liackman)

ʼn Drie kilometer lange versteekte ondergrondse tonnelnetwerk wat onlangs in Johannesburg se middestad ontdek is, kan dalk binnekort tot nuwerwetse wandelpaaie, kompleet met koffiewinkels en parke, omskep word.

Volgens die webwerf IOL is daar advertensiebaniere wat dateer van 1950 – 1952 aan die binnekant van dié tonnels gevind.

Die tonnels is glo in die 1930’s gebruik om pos te vervoer en sodoende bogrondse verkeer te vermy, en later in die 1950’s ook om gevangenes ondergronds te vervoer van een punt na ʼn ander terwyl die posaktiwiteite voortgegaan het. Dit is egter in die laat 1900’s gesluit.

Briewe is glo deur middel van ʼn vervoerband deur die tonnel vervoer, en minstens 33 000 sakke briewe het weekliks deur die tonnels beweeg.

'n Argieffoto van die tonnels (Foto: Flash Fotografie/Rasty Knayles/Baily Liackman)

‘n Argieffoto van die tonnels (Foto: Flash Fotografie/Rasty Knayles/Baily Liackman)

Die tonnels is ontdek deur Ray Harli en Yonah Odendal van Urbansoup Architects and Urban Designers terwyl hulle die Kazerne transito-georiënteerde vervoerhub naby die Queen Elizabeth-brug aan’t bou was.

“Ons het naby ʼn ou wal gegrawe, toe ons op die tonnels afkom. Ons het nie ʼn benul gehad wat binne die tonnels was nie. Ons het onmiddellik die erfenisowerhede betrek en oor die geskiedenis van die tonnels begin oplees,” het Harli vertel.

Die Johannesburgse Ontwikkelingsagentskap het intussen gesê ʼn haalbaarheidstudie word gedoen om te kyk of die tonnels omskep kan word in ondergrondse wandelpaaie wat dien as ʼn bestemming, sowel as om sekere dele van die stad met mekaar te verbind.

Urbansoup Architects and Urban Designers onderneem tans dié haalbaarheidstudie wat glo 18 maande sal neem.

Benewens die toename in voetganger-beweeglikheid wat dié tonnels tot gevolg sal hê, sluit ander, meer ambisieuse voorstelle vir die tonnels onder meer ʼn ondergrondse museum in.

“Die tonnels kan Johannesburg voorsien van ʼn unieke en ikoniese openbare ruimte,” het Harli bygevoeg.

Bron: IOL

'n Kunstenaarvoorstelling van hoe die tonnels kan lyk wanneer die opgradeer word (Foto: Flash Fotografie/Rasty Knayles/Baily Liackman)

‘n Kunstenaarvoorstelling van hoe die tonnels kan lyk wanneer dit opgradeer word (Foto: Flash Fotografie/Rasty Knayles/Baily Liackman)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Carel ·

Met ons land se misdaadsyfer sal niemand daar veilig wees nie. Donker hoekies waar mense alleen is, sal vinnig geteiken word.

Wat nou? ·

Dit was moontlik al onveilig vir die publiek na 1950 en is daarom gesluit. Laat die karre met die blou ligte daar rondjaag, dit sal veiliger wees vir ons almal

Loeis ·

Het die raad nie ‘n beginsel probleem met daai tonnels nie? As ek na die datums kyk, het die vorige stelsel dit gebou. Eish!
Op daardie noot: die kunstenaar verstaan b lykbaar ook nie hoe die demografie vandag lyk nie, as mens na die prentjie kyk.

Voorstel: dink net as daar ‘n moltrein in die stelsel (dankie Malan regering) gebou kan word wat plekke in die stad met mekaar verbind. Dit kan baie werk verskaf (hopelik sonder tender bedrog) en sal die ramp wat die paaie in spitstyd is, aanspreek.

Theresa ·

Helaas! Nee wat, dalk iewers in ‘n plek waar mense nog respek het vir mekaar, die geregsdienaars ensovoorts. Hier (en nogals in JHB!!) sal dit ‘n hool van smokkelary, mensehandel, prostitusie, rowery, ens. word. O ja, en natuurlik die alewige stalletjies wat allerlei verkoop… Dink mens sal sukkel om daar geloop te kry, wat nog van dit geniet. Jammer – dit kan oulik wees iewers elders in die wêreld.

Jan Becker ·

Die tonnels was tot en met die 1990’s gebruik om possakke tussen Johannesburg poskantoor die stasie en pakkette depot te vervoer. Met die ingebruikneming van Witspos het dit in onbruik geraak. Gevangenis of die vervoer daarvan was nooit ter sprake nie. Instandhouding was veral duursaam wat water digdheid betref. As iemand dalk die sleutel van die hoofhek en sakkamer soek – dis by my.

Johan Esterhuizen ·

Dit klink Goed Jan vertel meer van die tonnels en wat als daar gedoen is behalwe pos vervoer.

Frik ·

Jan ek hoop hulle betaal jou goed vir daai sleutels. Iemand wat darem weet wat daar aangaan.

Christine ·

Kyk dis nou wraggies lekker geskiedenis ens. maar ek bly bolangs, spreekwoord se “onder draai die duiwel rond” haha

C ·

Dis ‘n baie goeie idee maar ek dink ‘n baie gevaarlike idee. Ons bly in SA, en dit nogal so in die hartjie van Jhb. Nee dankie vir my!!

Johan ·

almal van die ou poskantoor het daarvan geweet en gebruik daar is is geen hoe ha betrokke nie dit dit was diens gerig

Pokkels ·

Nee o aarde. Mens is nie eers bo-gronds veilig in SA nie. Hoe sal dit nie nog ondergronds gaan nie? Sal maar baie ver weg bly van daai tonnels af.

Ca Henrico ·

Sorry baie baie goeie idee.maar nie geskik vir RSA nie, gaan net ń nes word.

Asjas ·

Nee wat, met vandag se swak bouwerk en alles sal ek ook nie eer bo-op of bo-oor wil ry of loop nie!! Met my geluk is daar ‘n sinkgat of ek val deur …
Kan nie eers onthou wanneer laas ek in Johannesburg was nie.

Andre ·

Uitstekende idee Mary…………laat weet my net as die roete besig is…….

Johan Goosen ·

Weet nie hoe dit nou eers ontdek is nie. Die tonnels loop van Jeppe straat poskantoor af tot by Park stasie. kom uit by platform 15. Het baie keer die tonnels geloop om te soek vir koper diewe. Het later die ingang toegebou, dit was by die JHB Central sentrale kompleks, die tonnels het nog die oorspronklike vervoerbande, is net so gelos.

Lance ·

Alles n goeie idee maar gaan ongelukkig nie veilig wees nie al is daar skelm polisie daar om n blinde oog te gooi

Dries ·

Hierdie tonnels is al vir jaare al daar ons het hier in die begin 1990 water pompe geinstalleer om die water vlakke te beheer,, die tonnel het na verskeie Poskantore gegaan, dit het begin aan die onderkant van Johannesburg stasie,, na die ou Poskantoor wat nou af gebreuk is net langs die ou Transnet gebou (Tippet building)

brenda ·

Daar is ook tonnels vanaf die JHB openbare biblioteek; vanaf die REF afdeling 5vloere ondertoe en dan tot by stasie en poskantore.

Jean ·

Dit klink na ‘n fantastiese idee maar nie in SA met sy hoe misdaadsyfer nie, mense is nie eers veilig naby die Gautrein stasies nie, wat nog te se in ondergrondse tonnels. Dink die misdaadsyfer gaan onmiddelik met nog 30% styg. Dit lyk pragtig en alles, maar nie prakties in ‘n land soos ons s’n waar die misdadigers en diewe regeer nie. Dink net as daar iets brandgesteek word in daardie tonnel? Die hobby van meeste oproeriges!

arizona ·

Nee kyk so iets sal nie werk in Johannesburg nie. Kyk hoe lyk die middestad. Dis n hool. Weg is die dae wat jy jou inkopies kon gaan doen in die middestad. Die dae toe ons kerfees liggies gaan kyk het tot 1 uur 2 uur die oggend. Joubert Park was die hub van kersfees. Ek mis daai dae, ek mis dit baie. Tot dat de government ontslae raak van al die uitlanders, is hierdie hool ons tuisland.

Helen Kruger ·

Ek was daai jare werksaam by JHB Poskantoor (Jeppe str) en van ons het soms van die tonnel gebruik gemaak net toe die stakings begin het om veilig tot op JHB stasie te kom, daai jare het ons nog van die treine gebruik gemaak elke dag Brakpan toe lekker ou dae!!!

Vic Raath ·

Ek wil net een ding noem wat ek van weet. Ek het in Johannesburg gewerk van 1969.
Daar was tonnels met vervoer bande van JHB stasie se platforms na Jeppestraat se poskantoor toe. Aan die einde van sekere platforms was daar n ingang na die begin van die tonnels. Die possakke was dan ingegooi op die glybaan en dan op die vervoer band na Jeppe straat Pos Kantoor toe. Jy kon ook die hele pad soontoe loop om te kyk of daar enige sake af geval het. Ek dink die ingange na die vervoer band is nou toegemaak nadat hulle die stasie se platforms mooi gemaak het. Verdere ondersoek sal dit bewys. Die tonnels se ingange was heel op die punt van die platforms. As ek kan onthou was dit van Platforms 11/12/13/14/15 en16. Hoop dit sal verder help met die ondersoek na die geskiedenis van JHB stasie .
Vic Raath 0731802536

Sonja ·

Dink net as mense betoog en geweldadig daar raak, dan maak jy die tonnels toe, tot almal gekalmeerd is.

Wendz ·

Die tonnels het vanaf Park Stasie tot poskantoor, verskeie banke soos reserwe bank en John Vorster SAP toe verstrek. Of eerder doen nogsteeds eintlik maar ja dit was groot geheim en nie veel mense het geweet daarvan nie. Daar was altyd skinder stories maar nooit ‘n bevestiging daarvan nie.

Danie ·

Ek het in die jare 1974—78 daar gewerk. verbinding tussen versekerde pakket afdeling by stasie en Vonbrandes straat poskantoor

Yolanda Lindeque-Strauss ·

Perfekte plek om ‘n fliek of TV reeks te skiet :D Ons is nie bang nie :D Ek sou graag foto’s wou sien van hoe dit nou op die oomblik lyk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.