Vermy dié kossoorte as jy hoë cholesterol het

(Foto: Pixabay)

Hoë cholesterol is ʼn probleem wat veral in Suid-Afrika aan’t toeneem is, moontlik weens ons hoë inname van rooivleis. Indien hoë cholesterol nie beheer word nie, kan dit vererger en moontlik lei tot ʼn beroerte of hartaanval.

Dr. Bianca van der Westhuizen van die Hart-en-beroertestigting van Suid-Afrika sê daar is wel leefstylveranderinge wat ʼn mens kan aanbring om die gevare van cholesterol te voorkom, en jou dieet is ’n groot deel van dié veranderinge.

“Die soorte vet wat ons eet, het ʼn invloed op ons cholesterolvlakke. Versadigde vette, soos wat in rooivleis, diervet en volvet-suiwelprodukte voorkom, is geneig om “slegte” LDL-cholesterolvlakke te verhoog. Ons weet nog nie presies hoe dié meganisme werk nie, maar navorsing toon dat te veel van dié produkte ons cholesterol wel opstoot,” het Van der Westhuizen gesê.

“Eiers bevat byvoorbeeld ses keer meer cholesterol as vetterige rooivleis, maar het slegs ’n geringe invloed op ons bloedvette, so cholesterol in ons kos speel nie so ’n groot rol soos versadigde vette in die kos nie.”

Voedselprodukte wat hoog is in versadigde vette is botter (of enige diervet), kokosneutolie, palmolie en harde blokmargarien. Deur versadigde vette met mono-onversadigde vette (soos avokado’s, amandels, grondbone en olyfolie) te vervang, kan jy jou “goeie” HDL-cholesterol verhoog en die LDL verlaag.

Van der Westhuizen stel voor dat jy meer veselryke kos eet as jy hoë cholesterol het. “Vesel help om cholesterolvlakke te verlaag. Hoëveselprodukte sluit in hawermout, lensies, bone, groente, vrugte en volgraanprodukte.”

’n Goeie riglyn is ook om uit te kyk vir produkte wat die Hart-en-beroertestigting van Suid-Afrika se logo bevat.

“Hierdie produkte gaan deur streng toetse om die vlakke te bepaal van versadigde vette, sout, suiker en veselinhoud. Net produkte wat dan as gesond geklassifiseer word, kry hierdie logo op.”

Vir meer inligting, besoek die stigting se webblad hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Gr ·

Navorsers moet gaan kyk wat word vir diere in voerkrale gevoer dit is waar die kankers en cholestrol vandaan kom die kos wat vir die diere gevoer word. Alles kunsmatige goedere om die diere so gou moontlik so groot as moontlik te kry.

Rerig??? ·

Volgens my is die artikel maar skraps aan inligting. Elke hoeveel maande moet jy jou cholestrol toets? Bevat lewer baie cholestrol?
As jy n regte dieet volg, hoe lank vat cholestrol om te wys op toetse.

B ·

Korrek Rerig’, niks hierbo is met RCT bewys nie, dis basies wensdenkery en teorieë.

Cholesterol word veroorsaak deur inflammasie, wat dalk weer veroorsaak word deur koolhidrate, Omega 6? (Sonneblom ens olies)

My goeie cholesterol het toegeneem en my slegte cholesterol afgeneem toe ek vette – inname verhoog het, en koolhidrate en O6 olies uitgesny het, hoe nou??

Nog iets IBD pasiënte word aangeraai om vesel te vermy, agv die growwigheid?

Ek stem saam met avo’s ens, maar grondbone?

Ja Prof, ons hou ons dalk slim tot jou irritasie, maar ek het die lipids om my stellings te bewys, bv ook GGT af van amper 140 na omtrent 50,, ens

Johan Bester ·

Cholesterol nou onder 5 met die verhouding tussen HDL en LDL vergroot met HDL die hoër een,Lipids laagste ooit,Ggt eerste maal normaal glukose konstant 4.3 en 20kg ligter,koolidrate vernaam suiker en graan asook omega 6 vermy ek in geheel , vette en omega 3 olies in my dieet het ek drasties verhoog. Maar die graan en vesel in die artikel nee.

Linda van Mosselbaai ·

Ai mens sukkel darem – eet nie avo’s ( weersin & nogal snaaks dat ook op die ‘no no lys is vir bloedgroep O) Amandels nie goed vir ADHD .
So tussen die allergie vir melkprodukte & piesangs wat my slym gee – eet ek maar en ‘suffer’

Andre ·

Ek stem nie saam met die professor nie. My cholesterol was bo 10 en ek moes iets doen. Deur n hoe vet lae koolidraat dieet te volg, is my cholesterol nou onder 5.

Dit is wanneer jy vet en koolidrate eet wat dit baie ongesond is want dan verbrand jou liggaam die koolidrate en stoor die vet. Maar as jy koolidrate uitsny dan verbrand jou liggaam die vet en verhoog so jou metabolisme.

Ek eet amper elke oggend skaaptjops of bacon en eiers vir ontbyt. Beter as slaaiblare.

SNEL ·

Ja nee, Andre se raad of diëet klink vir my goed (as ons nou iets wil volg en doen) , beter as die berig. Waaraan ek swaar sluk is die kokosneute, vandag moet jy dit los, môre moet jy dit eet want dis goed vir die brein en help met alzeimers. Nee wat, laat ons eet en hoop vir die beste. Ek het nou al van 2 mense gehoor, eerste n fietsryer, eet gesond en oefen, dood aan n hartaanval. 2de, ook gesond, oefen en kyk wat sy eet, drink nie, dood aan lewerkanker. Dink matigheid is die groot antwoord op alles en om weg te bly van verwerkte kosse en “funny stuff” in goed en soos ek sê, dan hoop ons vir die beste.

Marthinus Willemse ·

Cholesterol kan ook oorerflik wees. My ma se familie, die Senekals, is vrot van die cholesterol. Jare gelede het `n professor `n studie onder hulle gedoen om te probeer bepaal hoekom hulle dit juis so erg het. ‘n Niggie is op haar 40ste verjaardag dood; dié se pa was 39 toe hy gesterf het. Miskien is dit omdat die Senekals hier in Afrika minder rooiwyn drink, as hul Hugenote voorsate in Frankryk.

Daan ·

Gaan bietjie terug na vroeë sewentigs, navorsing het toe bewys dat vol room melk cholestrol afbreek, dokters het dit nie geglo nie, maar na 4 bloed toetse moes hulle erken dit werk. Ek het 8 glase melk ‘n dag gedrink en my toets was 4 gewees.

BenaYaHU ·

Cholesterol – SLEG vir ‘n mens????
Inteendeel, dit is uiters noodsaaklik vir die liggaam (en veral die brein).

Die s.g. “kundiges” is uiters onverantwoordelik en hou in (onkunde of blatante leuens?) vol om ‘n verkeerde leefstyl met verkeerde eetgewoontes te verkondig. (‘always follow the money trail’)
Vir die wat WIL verstaan, cholesterol is NIE ‘n gevaar — die sogenaamde “goeie” HDL (hoe-densiteit lipoproteïne) teenoor die sogenaamde “slegte” LDL (Lae-densiteit lipoproteïne) is ‘n MITE! LDL word verder ondergeklassifiseer en om dit dus bloot as “slegte” cholesterol af te maak, dui op onkunde en lei tot verkeerde persepsies.

Daar bestaan inderdaad slegs ‘n “risiko” met ‘hoe’ cholesterol indien daar inflammasie teenwoordig is en die bloedvate deur verkeerde leefstylgewoontes wel aangepak is..
Cholesterol is egter NIE die gevaar of die oorsaak.. en die feit bestaan dat hartsiektes NIE deur “hoe” cholesterol veroorsaak word.
Bestudeer gerus dr William Castelli, dr Michael DeBakey

Soos B en Andre hierbo korrek uitlig – INFLAMMASIE is die ware groot gevaar .. vrye radikale is die ware vyand! Die “westerse” dieet word al vir langer dan 60 jaar verkeerdelik uitgedra. Let gerus op na die toename in “kanker”, “diabetes”, “hartsiektes”, ens..
Vermy veral SUIKER, ‘n oormatige koolhidraat-inname, poli-onversadigde vette .. en eet BESLIS die ‘gesonder’ versadigde vette – soos ordentlike botter (versadig) bo ‘margarien’ (poli-onversadig/ryk aan Omega6), klapperolie & vlassaadolie bo ‘groente-olies’ soos bv. sonneblom, en vermy veral die GROOT gevaar genaamd “canola-olie”.

bgj van der westhuizen ·

ja al die slim dokters s e eet nie rooi vlies nie maar as ek kyk na my bloed groep se dit ek moet rooi vlies eet en geen wit vlies of vis nie die helle lot doktors belief ons al vir jare al die een se eet die ander se nee dit is nie die kos wat ons siek maak of dood nie dit is al die gemors wat by gegooi word en wat die diere gevoer word om te eet

Wiskunde ·

Hoe kan mens ‘n slegte en goeie waarde bymekaar tel (+ Trig) , en dan daarop jou cholesterol vlak beoordeel?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.