[Video] 18-jarige rugbyspeler se skop laat internet gons

ruben

Foto: Verskaf

Ruben van Blerk (18), ʼn onderwysstudent aan die Universiteit van die Vrystaat, het mense behoorlik aan die gons oor hoe ver hy die bal uit ʼn baie skuins hoek deur die pale kon stuur.

Die video, wat Ruben se kamermaat geneem het, het soos ʼn veldbrand versprei nadat Ruben dit op Instagram gedeel het. Dit wys hoe Ruben van ʼn hele ent duskant die kantlyn die bal sowat 60 m ver skop en dit deur die pale jaag.

Dit het selfs internasionaal opslae gemaak. Dié jong rugbyspeler woon in Newcastle, KwaZulu-Natal en meen die lug is baie dikker naby die kus en daarom moes hy baie harder werk om die bal ver te kon skop toe hy rugby vir sy hoërskool, Maritzburg College, gespeel het. “Die lug hier in Bloemfontein is baie dunner, dus tel dit in my guns,” sê Ruben.

Hy speel reeds van jongs af rugby en dit is sy droom om eendag op ʼn professionele vlak te speel. Hy dra tans die nommer 10 trui vir sy koshuis, Huis Welmoed en oefen elke dag vir ongeveer twee ure. Vir Ruben is dit belangrik om homself uit te daag en daarom probeer hy gereeld moeilike skoppe.

“Ek dink wat die skop so spesiaal maak, is die feit dat die bal inkrul so op die laaste sekonde en seker ook oor die hoek van die skop,” sê Ruben.

In die video staan hy voor ʼn paal en ʼn muur, wat die skop nog ingewikkelder maak, maar hy laat dit vreeslik maklik lyk. “Ek is oorweldig oor almal se reaksie. Dit was onverwags, maar dit is ʼn lekker gevoel.”

Rugbykenners meen dié skop is ʼn goeie skop, veral vir Ruben se ouderdom en die moeilike hoek van die skop.

https://www.instagram.com/p/BRacIa1BJwb/?taken-by=rubenvanblerk

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Skerper ·

Ekt nou regtig n skerper hoek verwag as n skop wat 1000 maal gemaak is deur jonger spelers ook nog. Nee wat.

K ·

goeie helle Dude – well done :) ek kan nie eens n bal skop nie en jy skop om n paal en hel ver deur die pale. . . . oud genoeg vir n Bell’s

Gerrit ·

Paul Thorburn (Wallis) het in ‘n toets tussen Wallis en Skotland in 1986, ‘n strafskop oorgeskop wat 64m ver was. Tans nog die amptelike rekord in internasionale rugby.

Dirk Wessels ·

Baie baie jare terug het De Wet Ras op die Vrystaat stadion teen in Internasionale Wanderers span n strafskop van n tree buite sy eie kwartlyn oorgeskop na n blatante lelike vuispel deur een van die opponente. Ek dink die Volksblad kan in hul argiewe kyk en dit bevestig.

Gayman ·

Sensasie soeker. Ek kan ook so skop. Moet ek dit ook deel?

Warren ·

As ek nie in n rolstoel was nie, het ek skerper geskop! Haha hey mens moet vir jouself lag ne, en vir internet trolle soos daai

Gert ·

My vriende kon dit in std 4 doen met n skyf in die bek en n bier in die hand dit alles van af n cortina bakkie se bak. Daar was net nie selfone in daai tyd om dit af te neem nie.

JC ·

Is n uitstekende skop,hou so aan en belangrikste is oefen hard,moenie dat mense jou afsit nie .Afrikaanse mense is van die jaloerste en afgunstigste mense in die wereld.Hou so aan en moet joj nie steur nie.

Kleintjie ·

Ek stem saam met JC! Jaloesie is ‘n lelike ding! Welgedaan Ruben, hou aan so oefen. Jy gaan nog baie ver gaan. En rerig Gayman die kind het dit net ge share… Hy het nie aandag gesoek nie!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.