[Video] Almal gaande oor Puk-prof in die fontein

'n Skermskoot uit die video

‘n Skermskoot uit die video

Wat is die kenmerke van ʼn ware leier? As dié kriteria onder meer insluit om saam met studente van die NWU-Puk in die befaamde fontein van dié universiteit, die Calvyn voor die hoofgebou, te swem, het die rektor, prof. Fika Janse van Rensburg, ʼn wenresep beet.

Die NWU het Woensdag ʼn video op sy Facebook-blad gelaai, waarin die prof in die fontein baljaar.

Reëls op dié kampus is eenvoudig: studente mag nie sommer sonder rede in die Calvyn wees nie.

Prof. Janse van Rensburg het egter in dié oulike video lyf natgemaak om aan studente, familie en belanghebbendes ʼn geseënde feestyd toe te wens.

English follows Afrikaans: Studente, ouers en alumni Wat 'n geseënde jaar was dit nie vir ons NWU-Potchefstroomkampus nie! Dankie vir jou aandeel daaraan dat ons kampus stabiel gebly het, en ons die akademiese jaar suksesvol kon voltooi, sonder dat ons 'n enkele minuut van normale aktiwiteit ingeboet het! Nie net het dit met die akademie goed gegaan nie, maar ook op sport- en kultuurgebied het ons besondere prestasies behaal. – Op akademiese gebied: Ons voorsien weer ʼn baie goeie slaag- en deurvloeisyfer. En ons het vanjaar die grootste oes van doktorsgraadstudente en navorsingsuitsette in ons bestaansgeskiedenis gehad! – Op sportgebied tel ons onder die top drie universiteite in die land… om nie eers te praat van die feit dat ons drie Varsity-bekers gewen het: vir rugby, netbal en atletiek! Al dié suksesse kan toegeskryf word aan die seën wat ons ervaar het, en daarvoor loof en dank ons die Here! En ons sê dankie aan roepingsbewuste personeel en studente wat hard gewerk het, hetsy in die klaskamer, op navorsingsgebied, in ons administratiewe kantore, op die sportveld, op die kultuurverhoog en in die strukture van ons dinamiese georganiseerde studentelewe. Dankie aan elke personeellid en elke student; en aan ons studenteleiers op alle vlakke. Rus goed uit hierdie vakansie! Jy verdien dit! 'n Geseënde Kersfees! En mag 2017 vir jou baie seën en voorspoed inhou! Prof Fika #MyNWUStudents, parents and alumni What a blessed year it has been for our NWU Potchefstroom Campus. Thank you for playing your part in keeping our campus stable. We were able to complete the academic year successfully without sacrificing one minute of normal activity! Not only did we thrive on an academic level, we also excelled on the sports fields and in the cultural domain. – Academically, the campus expects once more a very good passing and through-put rate. This year our campus yielded the biggest harvest of doctoral degree students and research outputs in the history of our institution! – On the sports fields, we are rated among the top three universities in the country with no less than three Varsity Cup titles (rugby, netball and athletics) to our credit. All of these successes can only be attributed to the blessings bestowed upon us by the Lord! We would also like to thank our dedicated personnel and students for working so hard – in the classrooms, research environment, administrative offices, on the sports fields, on the cultural stages and in the structures of our dynamic and organised student life. Thank you to every single staff member, student and student leader on all the different levels. Rest well during the holidays! You deserve it! Merry Christmas! And may your 2017 be filled with blessings and prosperity! Prof Fika #MyNWU

Posted by NWU-Pukke on Wednesday, November 30, 2016

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Oud Puk ·

Maak my hart so bly om sulke berigte te lees!! Eenmaal ‘n Puk ALTYD n Puk!!

Yvonne ·

‘n Bok vir Sports. So ‘n ou ballie, jys ‘n doring prof

Puk in murg en bloed ·

Prof Fika wen harte so ver hy gaan. Wraggies ‘n wen resep vir die Puk. Kyk nou net?

Wessel Wessels ·

Fika van Rensburg is n legende. Hy was die regte man om vanjaar die septer in Potch te swaai. Wat n manier om sy jaar as rektor af te sluit. Koel saam met sy studente af. Die enigste kampus waar dinge voor die wind gegaan het.

Ronnie ·

Great, oom Fika! Oom is iemand so na aan my hart. Selfs al is ek al vir 20 jaar nie meer op daardie kampus nie.

Peet Schabort ·

So ook het die destydse minister van landbou mnr. Greyling Wentzel in die hoofstraat van sy dorpie Trichardt op die sypaadjie se randsteen gesit terwyl die boere van die omgewing om hom staan en hulle kopstukke gesels oor natuurlik die landbou. Dit is gebeure soos hierdie wat respek afdwing.

Swanna ·

AC dit is hoe jy dit doen om ‘n wen resep te laat werk. DAAR IS NOU ‘N GOEIE VOORBEELD.
Mooi Prof jy is ‘n doring.!!!!!!!!

Honey Theron... ·

Ai neef….
Laat my ding aan di kuiers oppi plaas…
Ook in plaasdam geduik..
En dan dik snye gebakte brood geeet van jou mum…
Dik gesmeer met tuisgemaakte botter en konfyt…
aand se kant het jy en neef Daan ons trakteer met spookstories!!!!
Gud memories!!!

Lisa van der Westhuizen ·

Ek het hierdie êrens lank terug op die gange van die internet raak gelees: “Fika is a concept, a state of mind, an attitude that is very important to Swedish culture. Many Swedes consider that it is almost essential to make time for fika everyday. It means making time for friends and colleagues to share a cup of coffee (or tea) and a little something to eat. Net so. Prof Fika, dankie dat ons studente jou kultuur is en dat hulle belangrik genoeg is om tyd voor te maak … eenmaal ‘n Puk. Altyd ‘n Puk.

Jeannie du Plessis ·

Wat n heerlike positiewe gebeurtenis …. alles laat mens sommer weer meer positief voel oor ons land en sy mense. Wat n goeie manier om goeie wense oor te dra…so saam-saam.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.