[Video] Au pair se ontmoeting met kind raak harte

Foto: Skermskoot uit die video

Foto: Skermskoot uit die video

Om in ʼn vreemde land te werk kan senutergend wees, des te meer vir ʼn au pair. Sal jy en die gesin oor die weg kom? Sal die kinders van jou hou?

Toe Suid-Afrikaner Suzanne Harris in New York aankom as au pair, was die ontmoeting met haar “nuwe” gesin een waarvoor elke au pair hoop.

In die video, wat deur Culture Care Au Pair op Facebook gedeel is, kom Suzanne met ʼn groot tas by ʼn stel trappe opgeloop. Nog voor Suzanne haar tas kan neersit, kom ʼn tweejarige seuntjie met ʼn bos rose aangehardloop. Dié toneel word deur talle ander au pairs aanskou en die reaksie is een van verwondering.

“Baie dankie! Gee my ʼn druk” sê Suzanne in vlot Engels en die kleintjie val dadelik in haar arms voor hy weer vinnig terug agter sy ma se been gaan wegkruip.

“Dit lyk soos liefde met die eerste oogopslag”, skryf die au pair-agentskap op hulle Facebook-blad.

Suzanne se ma, Zahnie, het die video op haar Facebook-blad ook gedeel en volgens Zahnie gaan dit baie goed met Suzanne. Die video is reeds meer as 21 000 keer gekyk.

Love at first sight

Every au pair is nervous about meeting their host family for the first time, but this encounter could not have gone better. South African au pair Suzanne was recently picked up at our Training School by her host mom and 2-year-old host child, and it looks like love-at-first-sight. So sweet. And the "oohs" and "ahhs" from onlooking au pairs is too funny!

Posted by Cultural Care Au Pair on Wednesday, February 15, 2017

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Krn ·

My dogter in Holland as Au pair op die oomblik. Ook by ‘n wonderlike familie wat haar op die hande dra. Wonderlike geleentheid vir jongmense.

Zahnie ·

Baie sterkte ook vir jou. So bly saam met jou dat jou dogter gelukkig is! Dit doen n ma se hart so goed.

Amanda ·

6 jaar gelede min of meer dieselfde ondervinding gehad, en nou, 6jaar later studeer ek hier en bly ek steeds by dieselfde familie. Sterkte met jou jaar, dis voorwaar n avontuur!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.