[Video] Bekkige dogtertjie gee raad

Foto: Skermskoot uit die video.

Mia Claassens (8) van Laerskool Voorwaarts in Riversdale, Meyerton, het ʼn bekkige video op haar ma se foon geneem waarin sy raad met mense deel. Dié video het sy weg tot Facebook gevind en mense kan nie genoeg van Mia kry nie.

“Jy weet, ʼn kind kan nooit vir ʼn groot mens luister nie, en dit is regtig baie dom,” sê sy onder meer.

In die video vertel Mia hoe sy nie vir haar ma geluister het nie, en brei uit op die gevolge wat sy moes dra as gevolg van haar ongehoorsaamheid.

“As ʼn ou mens vir jou raad gee, vat jy dit, sit dit in jou brein en jy onthou dit”, sê Mia baie streng met ʼn vinger in die lug om haar punt te staaf.

Mia se ma, Leana, sê Mia het een middag haar foon sonder haar medewete gegaps en toe sy die aand deur haar foon gaan het sy op dié video afgekom.

“Dit is goed om te sien ek preek nie verniet nie en dat dit tog darem êrens vassteek,” skerts Leana.

Leana het die video op Facebook gelaai om met vriende en familie te deel, toe dit soos ʼn veldbrand versprei.

“Sy doen graag redenaars en drama op skool. Sy dra ook graag gediggies by kunsfeeste voor, ja, sy’s lekker bekkig,” sê Mia se ma.

Nou ja, in die wyse woorde van Mia: “Luister vir jou brein!”

Die beste ???? – Uit die mond van die suigeling – for my Afrikaans friends.

Posted by Cassie Nel on Thursday, May 25, 2017

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Jacoba ·

Mooi Meisie MIA vat ✋ daar is min van jou slim soort , hou by daardie standpunt. Jy sal nooit spyt wees nié.

Chriszelda Steyn ·

bwhahahahaha ag my moeder, laat my dink aan my seuntjie wat my foon skelm gevat het en ‘n video gemaak het, ek sal nou nie daai video deel nie want was te hartseer. kinders is beslis nie dom nie.

Penellope Jones ·

Nou ja toe mense, uit die mond van die suigeling hoor ons die waarheid.

madels ·

ha ha ha ha ha, kyk so bek moet jam kry! Mooi so Mia, jy het mooi geleer om daai brein van jou te gebruik. :-)

Dina van der Walr ·

MIA SO MAAK JY MY TROTS JOU GR R JUFFROU LIEF JOU NOG
NA AL DIE JARE JY IS INDERDAAD N INTELEGENTE DOGTERTJIE JY BLY MY HART SE PUNT?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.