[Video] Boetie (7), sussie (1) laat waai met rieldans

‘n Skermskoot uit die video

ʼn Video van ʼn skattige sewejarige seuntjie en sy jaar oue babasussie van Uniondale in die Wes-Kaap wat die rieldans doen, het die internet behoorlik aan’t gons.

Ron-Mari Boshoff, die kinders se ma, het aan Maroela Media vertel dié video het soos ʼn veldbrand op sosiale media versprei nadat sy dit vroeër vandeesweek op kykNET se Facebook-blad gedeel het.

In die video dans Conré en sy sussie, Janiéke, byna asof hulle die rieldans al vir jare beoefen.

Conré is vanjaar in gr. R aan die gekombineerde skool in Uniondale en sy “hart was baie seer” toe hy nie saam met die gr. 1’s in hulle konsert die rieldans kon doen nie. “In dié konsert het die meisies voorskote gedra en die seuns pette. Hy het toevallig dieselfde pet ook by die huis, so toe die rieldans op televisie begin speel, het hy gehol na sy kamer, die pet gaan haal en die rieldans gedans soos niemand anders nie,” vertel Ron-Mari.

Sy sê albei haar kinders het ʼn liefde vir musiek en dans.

“Ek het ook grootgeword in ʼn huis waar ons lief was vir dans, miskien is dit waar dit vandaan kom,” terg sy. “Hulle het egter ʼn voorliefde vir die rieldans – hulle is gaande daaroor as dit begin speel.”

Conré gaan nou in die volgende konsert saam met die gr. 1’s sy staal met die rieldans wys.

Die video is sedert 27 Mei meer as 170 000 keer gekyk.

https://www.facebook.com/ronmari.aylwardboshoff/videos/1346202828834405/

Kyk die video ook hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Uvonka ·

Ag jitte man, hoe dierbaar is die kiddies wat so lekker rieldans! Om te dans is darem maar altyd lekker!!

Cornelia 1 ·

Conre hou baie goeie ritme met sy passies wat hy uitvoer.
Pragtig!

Amanda Owen ·

Dit is so kosbaar & roer mens se hart om te sien met hoeveel oorgawe hy dit doen!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.