Video: Dis heerlike lente, kom ons plant ʼn boom!

Vena-boomplantdag (5)

Maroela Media se tegno-tannie, Vena. Foto: Maroela Media

Vandag is nie net Lentedag nie, maar dis ook Nasionale Boomplantdag. Om hierdie spesiale dag te vier, het Maroela Media besluit om ʼn boom te plant.

Die gewone wildevy (Ficus thonningii) is die boom van die jaar, maar ons het besluit om ʼn pragtige lemoenjasmyn (Murraya exotica) te plant omdat hy mooi wit blommetjies het wat heerlik ruik.

Maroela Media se tegno-tannie, Vena, het aangebied om die boom te plant aangesien sy nie net ʼn kenner van tegnologie is nie, maar sommer van tuinmaak ook!

Kyk na die video om te sien hoe Vena die boom plant en sommer ook ʼn bietjie raad gee vir as jy jou eie boom wil plant.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Sarah Schutte ·

Baie dankie vir Maroela Media. Dankie aan die tegno tannie Vena vir die puik aanbieding en wenke oor boom plant

Ania ·

Hoekom nou ‘n uitheemse boom op nasionale boomplantdag plant?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.