ʼn Video van ʼn dokter wat ʼn ongebore baba binne enkele minute in die stuitposisie omdraai deur slegs die vrou se maag te masseer, doen weer die ronde op sosiale media.
Dié dokter van die Royal Sussex-hospitaal in Brighton, Engeland, het die baba op 36 weke in die stuitposisie omgedraai.
Die stuitposisie verwys na ʼn baba wat in die baarmoeder met sy voete na onder lê, wat baie komplikasies by geboorte kan veroorsaak.
Dié tegniek waarmee dokters die baba as’t ware in die baarmoeder “omdraai”, staan bekend as ʼn eksterne kefaliese kering (ESV).
Die video is oorspronklik in 2013 op YouTube gelaai, maar het onlangs weer die ronde op sosiale media begin doen. Die video is reeds meer as twee miljoen keer besigtig.
Dr. Patrick O’Brien, woordvoerder van die Royal Sussex-hospitaal, het aan die Huffington Post vertel dié uitvoering was heeltemal veilig.
O’Brien het ook gesê meeste babas lê tussen 37 en 42 weke in die “regte” posisie om gebore te word.
“Die proses is oor die algemeen veilig en veroorsaak nie dat die vrou in kraam gaan nie. Dit is bloot ʼn tegniek waarmee verloskundiges net sagte druk op ʼn vrou se maag toepas sodat die baba in die baarmoeder kan draai,” het hy gesê.
O’Brien sê die tegniek moet egter net deur dokters uitgevoer word en dat dit net op 50% van alle vroue effektief is.
Bron: Huffington Post
Ek moes ook gaan vir dit…maar dit was vrek seer en my baba het nie gedraai nie, sy is toe 2 weke later met ‘n nood-keisersnee gebore.
Ek moes ook vir dit gaan, dit was regtig seer, dit het wel vir my gewerk, gelukkig!