[Video] Dollie jou tekkies op soos Suzelle

'n Skermskoot uit die video

‘n Skermskoot uit die video

Die lewe is te kort om vervelig en alledaags te wees! Suzelle DIY wys in haar jongste video hoe om gewone tekkies op verskeie maniere op te dollie dat jy kan uitblink in ʼn skare mense.

Al wat jy benodig vir dié opwindende projek is ʼn paar wit tekkies, wit kleefband en bykomstighede soos verf en plakkers van jou smaak. Dié projek kan kinders tydens die vakansie uit die moeilikheid hou of sorg vir ʼn heerlike kuns en kultuur-uitdaging in die klaskamer.

Die plakkers en verf is egter vir die skoene – moenie ʼn stoute Marianne wees nie.

Drie mense kan elk ʼn paar van Suzelle se opgedolliede tekkies én ʼn PNA-geskenkbewys wen. Koop jou tekkies en bykomstighede by PNA en toor jou tekkies op na smaak en hartelus. Neem dan ʼn foto van jou tekkies, en dien dit aanlyn in op die PNA-kompetisie-webwerf. Elkeen van die drie wenners kry ʼn paar van Suzelle se tekkies. Die eerstepryswenner kry ook ʼn R2 000 geskenkbewys, tweede prys sluit ʼn geskenkbewys van R1 000 in en ʼn R500-geskenkbewys vir die derde prys.

Lees alle vorige berigte oor Suzelle DIY op Maroela, sluit by haar YouTube-kanaal aan of besoek haar Facebook-blad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.