Video: Geliefdes oorsee? ‘Dit gaan verby hartseer’

Heidi Sephton (Skermskoot uit die video)

Heidi Sephton (Skermskoot uit die video)

Talle Suid-Afrikaners het geliefdes wat in die buiteland bly en wie se omstandighede dit nie moontlik maak om hulle gereeld te sien nie. Maroela Media het met vier vroue gesels wie se geliefdes oorsee bly, en na wie hulle baie verlang.

“Die aanpassing was baie moeilik,” vertel Amanda du Plessis oor haar ervaring net nadat haar geliefdes geëmigreer het. “Mens het hulle om elke hoek en draai gesoek.”

Cora le Roux sê die verlange gaan verby hartseer. “Die gemis is oorweldigend.”

As dit ook soos jóú storie klink, wil Cell C, Maroela Media en jou gemeenskapsradiostasie jou droom bewaarheid om vanjaar jou geliefdes huis toe te bring vir ʼn Somerkersfees! Daar is R200 000 se pryse op die spel, klik hier om nóú in te skryf!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Kallie Kalmeier ·

Lekker tjank ek nou saam met julle….sit in dieselfde bootjie. Sterkte.

gwen bangert ·

Met trane wat oor my wange loop voel ek hul almal se pyn… ek sit aan die ander kant. Ons is die gelieftes wat ver weg is….wat na ons land ons familie en vriende verlang! Om nie daar te wees vir die klein oorwinnings of groot gebeurtenisse maak bitter seer! Wat n’ wonderlike kompetisie!!! My familie kuier die jaar by my broer in Zew Zealand so ek kan nie inskryf nie…. maar mag die gesin wat wen se bekers oorloop van geluk! Groete uit Nederland

Candice ·

Sjoe hoe het ek nou gehuil! My sussie en haar mooi ou dogtertjie is in Frankryk en ons praat elke dag maar mis hulle so so baie!

Penellope Jones ·

Het ook ‘n geliefde wat ver anderkant die oseaan in n vreemde land met vreemde kulture en mense werk.
Ons probeer gereeld skype,
WhatsApp elke aand – dis ons lewenslyn.
Die gemis is sommige dae darem minder as ander dae.

Marietjie ·

Die dag toe ‘n vriendin my bel met die hartseer nuus haar broer het besluit om sy gesin Europa toe te vat, was ek in ‘n mate bly vir hom. Hom ook vertel ek dink dit is net die beste besluit vir sy kinders se toekoms. Dieselfde tyd het ‘n kerk vriendin ook sak en pak die land verlaat Amerika toe en het dieselfde vir haar gese. Ek en my man het ook al daaroor gepraat, as sy werk hom wil stuur buiteland toe is ek reg om saam te gaan. My swaar is al baie lank in die buite land en my skoonma praat gereeld met hom op Skype en hy bel ons gereeld op WhatsApp en Skype. Ons het skielik versprei geraak oor die wereld en dankie vir Skype en WhatsApp om nog kontak te hou.

Johanna ·

Sit in dieselfde bootjie. is bevoorreg om soms te kan gaan kuier. Maar met die toestand waarin ons land is GUN ek met my HELE HART my kind en klein kinders n beter mooier lewe. Vir die wat nie kan bekostig om te gaan kuier nie, bloei my hart. want dis seer. die afstande is groot. ek dink aan julle almal.

Retha ·

Ek het ‘n groot leë huis, plek vir my seun, sy vrou en drie vreemde kleinkinders, jare laas gesien
en verlang elke dag. Wou sommer dadelik inskryf …………… onthou betyds dat al die liefde in die wereld nie genoeg is as ek nie vir hulle kan kosgee nie ………………… maar dit is ‘n wonderlike geskenk aan die wat dit kan bekostig en ek gun hul dit van harte!

Pops ·

Shame Tannie Retha,,,,, ek wens jou seun kom kuier sommer binnekort vir jou. Ek het 2 klein kindertjies wat nie meer n ouma het nie….ek mis haar vreeslik.

Pops ·

Shame Tannie Retha, hoop jou seun en famielie kom kuier sommer binnekor. ek het 2 kleintjies, wat nie n ouma het nie…..ek mis my ma vreeslik.

Jo-An Barnard ·

En hier dink ek ek is simpel om so te voel!! Intussen is ek nie al een nie. Dis soveel moeiliker as wat ek ooit gedink het dit sal wees!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.