[Video] ‘Gelukkige Vadersdag, pa’

Capture

Foto: Skermskoot uit die video.

Maroela Media het die strate ingevaar en met verskeie mense gesels om te hoor waarom hulle pa spesiaal is. Sommiges het sommer bewoë geraak en kon nie uitgepraat raak oor hul pa nie.

“My pa is so spesiaal, ek is die gelukkigste dogter in die wêreld,” het Michelle Smith van Centurion gesê.

Hierdie video is vir alle pa’s wat laat nagte met ʼn huilende baba moes sit, wat met baie geduld kinders leer bestuur het, en wat elke liewe krummel van ʼn gebrande koek, met ʼn glimlag, opgeëet het.

Gelukkige Vadersdag!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.