[Video] Gevangenes breek uit sel om wag te help

'n Skermskoot uit die video

‘n Skermskoot uit die video

ʼn Groep gevangenes van ʼn tronk in die Amerikaanse deelstaat Texas, maak wyd opslae op sosiale media nadat ʼn video versprei word waarin hulle uit ʼn aanhoudingsel breek om ʼn bewustelose bewaarder te hulp te snel.

Die video wys ses gevangenes wat uit die aanhoudingsel breek om die aandag van ander bewaarders te trek.

Dit is nie duidelik of die bewaarder, wat gewapen was en sleutels by hom gehad het, moontlik ʼn hartaanval gekry het nie.

Bewaarders het na die sel gehardloop toe hulle harde houe teen die deure en vensters hoor.

Een van die gevangenes, Nick Kelton, het aan WFAA vertel hulle het ook vir hul eie lewens gevrees. “Ons was bang hulle gaan hul wapens op ons rig wanneer ons hulle aandag trek. Ek het egter geweet ons moet hom help toe ons hom sien val,” het hy gesê.

Sersant Ryan Speegle, een van die bewaarders, het ook vertel hy het nie geweet wat om te verwag wanneer hy by die sel aankom nie. “Aangesien die veiligheidswag ʼn wapen en sleutels by hom gehad het, kon dit in ʼn ongelooflik nare situasie ontaard het.”

Die veiligheid van die aanhoudingsel is intussen ook opgeskerp.

Bron: BBC, The Guardian

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Wern ·

Terwyl in ons land beroof die publiek mense wat in motorongelukke baie seergekry het of dood is.

Tim ·

Ja, my vriend se pa is oorlede in ‘n motorongeluk en sy selfoon, GPS en beursie het net van die toneel ‘verdwyn’…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.