Video: Graansilo word grootste Afrika-museum van laaste eeu

'n Skermskoot uit die video

‘n Skermskoot uit die video

Kaapstad gaan in September 2017 die deure van die grootste museum wat in die laaste eeu in Afrika gebou is, open. Dié museum sal gehuisves word in ʼn graansilo by die V&A Waterfront in Kaapstad wat omskep word in ʼn glansmuseum vir kontemporêre kuns.

Die Zeitz Museum of Contemporary Art Afrika sal ʼn ongelooflike R500 miljoen kos om te ontwikkel. Meer as 80 verskillende galerye sal in die gebou gehuisves word saam met verskeie leeskamers en ʼn restaurant.

Die graansilo is in 1924 voltooi en was deel van ʼn spoornetwerk. “Ons het in 2010 na die gebou gaan kyk en dadelik besef dat dit die spasie is waar ons die museum wil ontwikkel,” sê David Green, uitvoerende hoof van V & A Waterfront.

Die museum sal ʼn nie-winsgewende onderneming wees wat ʼn tuiste sal bied vir verskeie kontemporêre kunsstukke uit Afrika. Volgens Green is kuns is ʼn kragtige medium en kunswerke moet bewaar word.

“Ons glo in die krag van kuns en kultuur in die samelewing. Dit vra vrae, skep ʼn platform vir mense om dinge te bespreek en vertel stories,” het hy gesê.

Die museum is deur die beroemde ontwerper, Thomas Heatherwick, ontwerp.

ʼn Besoek aan die museum sal jou ook nie te veel uit die sak jaag nie. Kinders onder 18 sal gratis toegang kry.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Innoverend ·

Dankie vir hierdie innoverende oplossing om ons ervenis te bewaar. Dis jammer om te sien hoe die ongebruikte silos oraloor die platteland so verval. Ek hoop hierdie museum gaan baie buitelanders lok en bewus maak van ons kultuurervenis.

Coenraad ·

Dit is baie cool en regtig iets om op trots te wees. Suid-Afrikaanse argitektuur kry min die geleentheid om op ‘n wêreldvlak mee te ding.
Ek as argitektuurstudent wonder sommer hoekom daar telkens, in Afrikaans, verwys word na argitekte as bloot ‘ontwerpers’. ‘n ‘Ontwerper’ is tog n baie meer algemene ding en omvat ‘n wyer groep mense. Hoekom nie net ‘argitek’ nie?

Waarheid ·

Interessant. Met permissie ‘n ARGITEK volgens my beskeie mening, voldoen of gee SELF gestalte aan sy beroep die naam en betekenis, deur sy WERKE. So ironies, GRAAN silos 1924, nou se DROOGTE, die krises ivm voedselonsekerheid die NOOD rondom dit alles en die R500miljoen KUNS. Die toekoms sal leer gaan dalk BAIE BAIE meer as beroemde argitek/ontwerper nodig hê om oplossing vir die voedselhonger te vind.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.