[Video] Internet op hol oor drie manne wat op plaaspad litte losmaak

‘n Skermskoot uit die video

ʼn Video waarin drie jong mans van Stellenbosch in die Wes-Kaap ná ʼn lang dag op ʼn plaaspad litte losmaak op die maat van Brenda Fassie se “Vul’indela”, versprei soos ʼn veldbrand op sosiale media.

Marnus Kruger (26), Jaco Stofberg (19) en Ryan Hayes (23) het pas vanaf Stellenbosch by die Hammelhoek-plaas tussen Calvinia en Sutherland aangekom, en “wou maar net die einde van die lang pad vier”, vertel Kruger.

Hayes se ouers het aandele in dié plaas en die groep vriende het vir die naweek weggebreek.

“Dit was ʼn lang pad na die plaas gewees, en ons het boonop nog drie pap bande ook langs die pad gekry. Die grondpad is veral sleg. Toe ons uiteindelik by die plaas aankom en die laaste plaashek oopmaak, het ‘Vul’indela’ op die radio gespeel, en ons het net begin dans. Ryan het ons met sy selfoonkamera afgeneem wat hy op die instrumentpaneel gesit het.”

Hayes het dié video byna ʼn week later op sy Instagram-profiel gelaai. Dit was skaars ʼn dag, toe het die video soos ʼn veldbrand op sosiale media begin versprei.

ʼn Gewilde blad op Facebook, “Afrikaanse memes”, het dié video ook gedeel, en dit is nou al meer as 1,2 miljoen keer op Facebook gekyk.

“Ons het dit glad nie verwag nie. Vriende van wyd en syd stuur kort-kort boodskappe om te sê hulle het die video of nuus van ons êrens gesien. Ons wou maar net op die maat van só ʼn lekker liedjie Afrika en ʼn wegbreek-naweek vier, en dis gaaf as mense dit ook geniet.”

https://www.facebook.com/johan.coffee/videos/10154417862927797/

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Nettie ·

Dié een het my baie lekker laat lag. “Jan Groenbroekies” mag maar dans, hy het lekker ritme; die lat in die jeans dans ook goed, maar die ou in die swart kortbroekie lyk soos ‘n bronstige volstruismannetjie wat boude swaai voor sy wyfie! Lekker Boereseuns, dit wys julle – “White Men CAN jump!”.

ilze ·

LOVE DIT!!!
Sit jou net in ‘n happy mood as die dag te lank raak :)

Dirkie ·

Great manne, julle is ysters. Julle het my laat besluit om n vuurtjie aan te steek en n lemonade te geniet.

Sonja Ewals ·

Dit is mos die gees vir ‘n positiewe Suid-Afrika! Maak litte los en waardeer die mooi in ons land …. Jul mag maar dans!

Ai ·

Die lied sit nou vas in my kop en ek ken nie eens die woorde nie.

adri ·

Kyk hul gaan sowaar hul naweek op plaas geniet….. jul mag maar ouens, dis die gees… gooi hom bokkkie…..my daggie is gemaak…….

louisa ·

Ai te cuuute ……oulik manne jul maak my dag!!!! Dankie die lewe voel sommer weer stukke beter…

Se maar net ·

Dit lyk vir my of hulle al n paar biere gedrink het – na n lang pad se ry. En dan huil almal as hulle verongeluk terwyl hul dronk bestuur!

Charmaine ·

Almal het nie drank nodig om vreugdevol en dansende deur die lewe te gaan nie

CAROL ·

Gooi hom boetie gooi hom (hahaha) – “you only live once – enjoy life” Sleep when your dead.

Dina Erasmus ·

Dis nou Boerseuns in formaat! Gelukkig en vol passie vir die lewe. Daar is min van hulle gesaai. Goeie Ouers wat goeie seuns groot gemaak het.

Susan ·

Ag, dit lyk te lekker ek wens ek kon daar wees. Julle kan maar dans hoor! My dag is gemaak.

Tina du Toit ·

Dit het my dag gemaak en ek was sommer in ander mood. Hulle het my voete ook laat jik. Dit was regtig nice om na te kyk. Hulle is jonk en happy en dis mooi om na te kyk. Oulike manne.

annemarie ·

Awsome julle ouens. Dis die gees. julle gaan defnitief ‘n lekker naweek he. Mooi man. Dis so lekker om dit te sien, iets so positeif op die Donderdag!!

Ronel ·

DIS mos nou die tipe video wat op siosiale media versprei moet word! Geniet julle naweek outjies! Dit het op ‘n lekker noot afgeskop alreeds!

anneli ·

dit is die gees julle 3. ek het dit so geniet sommer hier in my kantoor ook gedans. en die stres van afgelope week weg gedans.

Rikku ·

” Bak Gat Manne ”
Julle dans Oulik.
Geniet die tyd op die Plaas en bestuur veilig terug.

Tarina ·

Lekker om iets positief te sien – Bly julle is veilig op die plaas geniet dit – Geniet die dans passies.

Sue ·

Hoe lekker om nog sulke onskuldige, positiewe videos te sien! Het my dag gemaak!

Ina ·

Man maar dit lyk te lekker! Tot hierdie
81 jarige ou tannie wil sommer saam dans.

Theresa ·

Groot pret! Niks fout met jul ritme en passies nie hoor! Sit nog lank na die tyd en glimlag oor dié aangename verrassing tussen al die morbiede nuus. Geniet jul tydjie daar en wense dat jul geen pap wiel verder op jul reis kry nie.

katryn ·

word al die negatiewe kommentare verwyder? Hier is net mooi boodskappies hier bo, terwyl die mannetjies se danspassies my tot in die afgrond irriteer. Ek haat daai gebuigde-beentjie-boude-uitgesteek-bier-in-die-hand dansstyl. Dis NIE hoe ‘n boer dans nie, dankie!

Tanya ·

Lyk my ons gaan nou elke week ‘n video kry van een of ander outjie wat beweer hy kan dans. Die eerste video wat die lig gesien het van die boertjie op die plaas met sy Landcruiser, hy bly die beste (die een met die oulike boudjies).

SARIE VAN HEERDEN ·

Hierdie is nie drie DRONK JONG MANNE nie. Geen Dronkie sal so kan saamdans nie. Ek is dink dis baie meer nuuswaardig as die aanhoudende gekerm oor die aanvalle, moorde en Zuma met sy skelmstreke.

Grotman ·

Ja manne, dis die vog wat spog. Na watse radio luister julle wat daai musiek speel? Ek glo boere musiek sou meer gewerk het. Ek se ook maar net!!

Leon ·

Al die negatiewe kommentaar. Ai tog, ek kry julle jammer! Dit is so lekker dat die jong manne die “jukkerigheid” het om so iets te doen eerder as om voor ‘n verdomde TV te sit en speletjies speel, of kwaad te stook! Hierdie wys net weereens dat daar nog opregte jong seuns is! Dankie manne, en ek hoop julle het die naweek op die plaas net so geniet!!

Pieta ·

Oor negatiewe kommentare aangaande ‘n prettige video soos hierdie….

Ons bly reeds 5 jaar in die buiteland en kyk vir ‘n slaggie van buite af na onse volkie se karakter: Ek is bevrees hul kleinlikheid ken net geen einde nie…

J ·

Ai… ..oulik die dans ! Musiek ?..nee! Verder niks vekeerd… dans bly goeie gesonde oefening vir siel en liggamente vernaam na langgg pad. Gesondheid.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.