Video: Is jy ʼn entrepreneur? Kom neem deel!

Promosie

Met afleggings, werkloosheid, swak ekonomie en nog vele ander eksterne faktore het entrepreneurskap vir baie mense ʼn werklikheid geword. Daarom het AfriVriendelik, ʼn inisiatief van AfriForum, en Akademia dié jaar hande gevat met die oog op ʼn opwindende entrepreneurskompetisie.

“Ons wil entrepreneurs aanmoedig en beloon. Ons sien hul harde werk raak, en harde werk is noodsaaklik om in Suid-Afrika suksesvol te wees. Ons hoop die pryse sal die wenner en selfs die toptien deelnemers ʼn hupstoot gee met hul ondernemings,” sê Sanderien van der Walt, bestuurder van AfriVriendelik en AfriForum Netwerk.

Van 2013 tot 2016 het Akademia ʼn baie geslaagde kompetisie aangebied vir entrepreneurs, die gewilde Sakeplankompetisie. Aan die ander kant het AfriVriendelik sedert 2017 ʼn entrepreneurskompetisie aangebied. Dié jaar het AfriVriendelik egter besluit om kragte saam met Akademia te snoer. Saam kan dié twee inisiatiewe entrepreneurs baie meer bied.

Louis Loubser, wenner van AfriVriendelik se 2017 entrepreneurskompetisie (foto verskaf)

Meer as 200 entrepreneurs het reeds vantevore aan AfriVriendelik se entrepreneurskompetisie deelgeneem waartydens nagenoeg 3 000 lede van die publiek vir hul gunstelinge gestem het. Louis Loubser het in 2017 met sy “Tree Hog” gewen, terwyl die dames van Oh-lief (sien video aangeheg) in 2018 met die louere weggestap het.

Van der Walt is baie opgewonde oor hul derde entrepreneurskompetisie. “Daar is groot pryse op die spel! Wat hierdie kompetisie veral uniek maak, is die platform wat dit die wenner bied. Die wenner se produk of diens word wyd versprei op verskillende sosialemedia- en nuusplatforms soos Maroela Media en Pretoria FM, asook Forum Nuus en Forum Tydskrif.”

Paul Vogel, operasionele bestuurder by Akademia, vertel dat dié instansie ʼn trotse vennoot van hierdie Afrikaanse entrepreneurskompetisie is wat jaarliks groter én beter raak. “Die kompetisie skep die ideale geleentheid vir entrepreneurs wat ʼn reklamehupstoot benodig en uitstekende raad van kundiges op die gebied wil ontvang.”

Kom neem deel!

Die vereistes vir vanjaar se kompetisie is effens uitgebrei en die kriteria waaraan die wenner nou moet voldoen, is soos volg:

  1. Die entrepreneur moet al tussen een en tien jaar handel dryf.
  2. Die produk of diens moet ook in Afrikaans aangebied word (nie net in Engels nie).
  3. Die produk of diens moet mededingend wees.
  4. Daar moet maklike toegang tot die produk of diens wees.
  5. Die produk of diens moet volhoubaar wees.
  6. Dit moet die potensiaal hê om uit te brei.
  7. Die entrepreneur moet geloofwaardig wees.
  8. Die entrepreneur moet van tegnologie soos sosiale media gebruik maak.
  9. Daar moet finansiële beplanning wees.
  10. Die entrepreneur moet hom- of haarself goed kan bemark.

Inskrywings het reeds geopen en sluit op 31 Augustus 2019. Die publiek stem tussen 5 en 20 September 2019 vir die toptien ondernemings. ʼn Uitgesoekte paneel beoordeel die toptien en gee terugvoer tydens sessies. Die wenner word einde Oktober 2019 aangekondig.

Kom skryf nou in!

Vir verdere navrae, nader gerus vir Sanderien van der Walt

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.