[Video] Jou ma wil nie hê jy moet dié advertensie sien nie

'n Skermskoot uit die video

‘n Skermskoot uit die video

ʼn Nuwe advertensieveldtog van die Dierebeskermingsvereniging van Suid-Afrika (DBV) wat bedoel is om die publiek te oortuig om weggooidiere aan te neem, versprei soos ʼn veldbrand op sosiale media.

In dié video vertel ʼn vrou hoe sy haar hond, Fluffy, deur middel van dié organisasie aangeneem het.

Terwyl die vrou onskuldig en oënskynlik onbewus met die skaaphond op haar skoot spog, stap ʼn halfkaal man, skraps geklee in ʼn klein swart broekie, die agtergrond binne.

Dié man is klaarblyklik ʼn liggaamsbouer en smeer sy lyf met olyfolie in terwyl die vrou, onbewus van sy teenwoordigheid, verder gesels.

“Ek het aan die vrou verduidelik watter soort hond ek graag wil hê. Sy het die perfekte een vir my opgespoor,” verduidelik sy terwyl die man sy lyf steeds met olie invryf. “Fluffy is baie speels en altyd daar. Ek is baie lief vir haar.”

Dit is veral die skreeusnaakse en dubbelsinnige woorde aan die einde van die video wat talle internetgebruikers op hol het: “Daar is een familielid wat jy kan kies….”

Die video is binne 24 uur meer as 15 000 keer gekyk.

Vir meer inligting oor die DBV besoek die organisasie se webwerf.

Our sincere thanks to the Cape of Good Hope SPCA for allowing the entire SPCA movement permission to use their videos, radio & TV clips.

Posted by SPCA Benoni, Gauteng, South Africa on Sunday, March 5, 2017

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Leana ·

Ag nee ! Die man in die video trek al die aandag af. Wou nog die hondjie sien

Denise ·

Baie oulike advertensie !!!!! Sy het defnitief reg gekies!!!!

Valerie ·

Ag, tot die DBV raak nou so common soos Cosmo. Asseblief, is die “dubbelsinnige woorde” skreeusnaaks? “Gons” Twitter alweer? Mense is gepla met naaktheid/semi-naaktheid en vulgêre boodskappies. Tot CANSA het al tot hierdie baie lae vlak gedaal.
Die advertensie is simpel verby; SMS my wanneer dit weg is.

Dellaq ·

hahahahaha!!! baie goeie ad! vlymskerp en sy het goed gekies. ai tog, daar sal altyd mense wees wat kla oor alles….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.