[Video] Lizz Meiring en Marion Holm oor die TBF

Lizz Meiring en Marion Holm gesels oor die Teaterbystandsfonds. Foto: Burger Meyer

Lizz Meiring en Marion Holm gesels oor die Teaterbystandsfonds. Foto: Burger Meyer

Die Teaterbystandsfonds (TBF),  ʼn liefdadigheidsfonds wat vrywillig deur mense in die vermaakbedryf geadministreer word, het vanjaar ʼn draai by Aardklop gemaak.

Die fonds se doel is om alle werkers in die vermaaklikheidsbedryf wat nie meer aktief daarin is nie, by te staan met onder meer ’n maandelikse toelae, asook mediese en begrafniskoste. Dit is van toepassing op diegene wat weens die aard van hul werk nie voldoende voorsorg, soos mediese en pensioenvoordele, vir hulself kon tref nie.

Talle bekendes soos Hannes Muller, Rocco de Villiers en Marion Holm het tydens die fees by die TBF-stalletjie op die feesterrein ʼn draai gemaak.

Maroela Media het met Lizz Meiring, bestuurslid van die TBF, oor dié fonds gesels en Marion deel ook haar mening waarom sy dink dit belangrik is om die fonds te ondersteun.

Vir meer oor die TBF kliek hier of besoek sy Facebook-blad

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.