Video: Maak ʼn paletswaai saam met Suzelle vir Tuindag

'n Skermskoot uit die video

‘n Skermskoot uit die video

Het jy al ʼn plan beraam om Nasionale Tuindag op 9 Oktober te vier? Suzelle DIY deel in haar jongste video ʼn prettige én eenvoudige manier om ʼn paletswaai te maak wat sal verseker dat jy jou tuin vir ure vanuit die gemak van dié swaai kan bewonder.

Nasionale Tuindag is vanjaar ingestel en gaan voortaan jaarliks op 9 Oktober gevier word.

Volgens die Nasionale Tuindag-webwerf is dié dag om al jou harde werk wat jy in die tuin ingeploeg het, te vier. “Ons is heeljaar besig om te plant, nat te lei en onkruid te bestry. Dié dag is spesiaal daar om die graaf eenkant te gooi, jou familie en vriende nader te trek, en jou tuin saam met hulle te vier.”

Prof. Paul Dolan, Britse ekonoom en gedragswetenskaplike, het ook op dié webwerf gesê dat tuinwerk ʼn uiters doeltreffende terapie is. “Tuiniers en bloemiste is van die gelukkigste werkers. Navorsing wys hulle is byna twee keer so gelukkig soos mense in gesogte en ander beter betaalde beroepe.”

Al wat jy benodig om dié swaai aanmekaar te slaan, is ʼn houtpalet, ʼn groot boom en sterk tou – jy sal amper nooit meer jou tuinstoeltjie gebruik nie.

Lees alle vorige berigte oor Suzelle DIY op Maroela, sluit by haar YouTube-kanaal aan of besoek haar Facebook-blad.

Besoek ook die Nasionale Tuindag-webwerf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.