Video: Oulike geskenkidees vir ouma en oupa

Benescke Janse van Rensburg (Foto: Skermgreep uit die video)

Tydens die feesseisoen is daar dikwels ʼn geskarrel oor wie wat vir die familie gaan koop as geskenke. Dit is dikwels ook ma’s wat moet kop krap oor wat die kinders vir ouma en oupa kan toedraai om onder die Kersboom te sit.

Benescke Janse van Rensburg, skrywer en radio-omroeper, het ʼn Facebook-blad, MaSter, begin om hiermee te help. Janse van Rensburg verduidelik die naam van die blad dui daarop dat elke ma ʼn ster is.

Janse van Rensburg gee in ʼn kort video sewe oulike Kersgeskenk-idees wat kleinkinders vir hul oumas en oupas kan gee.

“Die MaSter-Facebook-blad is daar vir ma’s om saam te lag, te huil en te leer, omdat dit soms baie oorweldigend kan wees om ʼn ma te wees – en terselfdertyd die grootste geskenk in die lewe bly,” het Janse van Rensburg in ʼn verklaring gesê.

Janse van Rensburg beplan om in die nuwe jaar op ʼn gereelde basis kort video’s met ʼn verskeidenheid wenke op dié blad te plaas. Volgens inligting op Janse van Rensburg se webblad is sy tans ʼn omroeper by Tygerberg 104FM in die Kaapse Skiereiland. Sy is ook een van die skrywers vir die Vers-ʼn-Dag- elektroniese dagstukkies wat daagliks na meer as 80 000 intekenare wêreldwyd gestuur word.

Kyk hier na haar eerste video:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.