Video: Pa se hart stap saam met haar na kansel

'n Skermskoot uit die video

‘n Skermskoot uit die video

Tien jaar nadat Jeni Stephien van Pennsilvanië in Amerika se pa oorlede is, het die man wat haar pa se hart ontvang het, saam met haar na die kansel gestap.

Jeni en haar man, Paul Maenner, is Maandag in Swissvale, Pennsilvanië, getroud.

Stephien se ma, Bernice, het aan The New York Times vertel haar man is in 2006 drie blokke van dié einste plek vermoor.

Hy was ʼn sjef wat ná sy skof, op pad huis toe, deur ʼn 16-jarige beroof en doodgeskiet is.

Die moordenaar, Leslie Brown, is skuldig bevind en dien tans 40 jaar tronkstraf vir die moord uit.

Paul was ʼn orgaanskenker en omdat hy verbonde was aan die Center for Organ Recovery and Education, kon sy gesin kontak hou met mense wat sy organe ontvang het.

Arthur Thomas, ʼn pa van vier, het sy hart ontvang. Thomas het destyds enkele dae gehad om te leef.

Die familie het met hom in kontak gebly ná hy ʼn bedankingsbrief aan hulle geskryf het.

Die Stephien-familie het hom vir die eerste keer tydens die trourepetisies ontmoet.

“Nadat ek verloof geraak het, was een van my eerste bekommernisse wie saam met my na die kansel sal stap. Ek het besluit om vir Arthur te vra,” het Jeni gesê.

Arthur moes eers by sy eie dogter goedkeuring kry. “Sy het gesê dis ʼn wonderlike idee en selfs aangebied om my te help oefen. Ons het dit een keer geoefen voor ek na die troue gekom het,” het Arthur bygevoeg.

“Ek het vir haar gesê sy moet my gewrig vashou en my hartklop voel, want eintlik is dit haar pa se hartklop,” het Arthur gesê.

Die video van Arthur en Jeni word wyd op sosiale media versprei.

Bron: The New York Times

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Wilmien ·

Pragtige storie…my man het ook 7 jaar gelede `n hartoorplantnig gehad en ons is soooo dankbaar aan die skenker ! God is GROOT !

Philip Koen ·

God was minder groot toe haar pa met ‘n mes doodgesteek is terwyl hy van die werk afgekom het. Kom ons wees net meer realisties en dweep minder.

neelsie ·

Wat n pratige verhaal.
Bewys van liefde en diens aan jou medemens.
Oorweeg oorgaanskenking- een liggaam kan 8 ander lewens verbeter.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.