[Video] Pukki, die gelukbringer, vang graad

Pukki

Pukki, die gelukbringer. Foto: Facebook/Pukki

Die Noordwes-Universiteit se Potchefstroom-kampus vereer vandag een van die bekendste gesigte op die kampus. Volgens die universiteit se Facebook-blad vang Pukki, die gelukbringer, graad.

“Hy is bekend vir sy drukkies, sy ewige glimlag en sy helpende hand wat gereeld na minder bevoorregtes uitgesteek word,” lui die inskrywing. “En nou het hy ʼn graad. Die NWU-Puk se gelukbringer, Pukki, het vandag amptelik sy graad ontvang en in die proses is Stefan van Dyk ontmasker as die man binne die populêre pak. Dit was gewis ʼn historiese geleentheid!  Stefan se anonieme opvolger is reeds hard aan die werk en ons wens hom alle sterkte toe in sy taak om Stefan se gróót skoene vol te staan.”

Prof. Fika Janse van Rensburg, rektor van die NWU se Potchefstroom-kampus, sê dat dié ʼn historiese gebeurtenis is. “Stefan was nog altyd Stefan, maar vir ʼn paar jaar was hy Pukki! Hy is die eerste Pukki wat graadkry! Pukki het hoeveel projekte aan die gang gehad die afgelope paar jaar. Ons omgee vir mekaar is verpersoonlik in die identiteitlose Pukki – en nou het hy hier ʼn identiteit.”

Geluk Pukki! Ag, ons bedoel, Stefan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Ronél Wall ·

Julle praat van Stefano, maar wanneer sy name uitgerekte word om sy graag te ontvang, sê hulle duidelik Franse van Dyk…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.