[Video] Só het kanker en Cancer.vive my lewe verander – deel 1

Juaan Taute en Charmaine Rider. Foto: Burger Meyer

Juaan Taute en Charmaine Rider. Foto: Burger Meyer

Die jaarlikse Cancer.vive-uittog is om die draai en vanjaar word daar weer beplan om 2 500 km op motorfietse aan te pak, alles ter bewusmaking van en opvoeding oor kanker.

Maroela Media het met ʼn paar mense wat betrokke is by Cancer.vive gesels. In deel 1 gesels ons met twee ondersteuners van die projek, Charmaine Rider en Juaan Taute, oor hoe hulle betrokke geraak het by Cancer.vive en hoe kanker hul lewe geraak het. Juaan is nie net ’n ondersteuner van dié projek nie maar ook Cancer.vive se bedryfsbestuurder.

Cancer.vive is deel van die organisasie People Living with Cancer. Die span wat deelneem aan die uittog bestaan onder andere uit 25 mense wat die stryd teen kanker gewen het en 10 ondersteuners van die projek.

Op Vrydag 4 September plaas Maroela Media deel 2 van die onderhoude waarin ons met twee mense gesels wat self deur ʼn stryd met kanker is.

Die Cancer.vive-uittog vind vanjaar van 10 tot 20 September plaas.

Besoek gerus Cancer.vive se Facebook-blad vir meer inligting.


ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Peet Schabort ·

Wanneer (datums) vind die uittog plaas en ook die roeteprogram ?

Sune van Heerden ·

Dagsê Peet

Dankie vir jou navraag. Die uittog vind van 10 tot 20 September 2015 plaas.
Daar is ‘n kalender op Cancer.vive se webwerf: http://www.cancervive.co.za/ Besoek dit gerus vir meer inligting oor die roete.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.