[Video] Suzelle en Riaan Cruywagen leer jou ontspan

Riaan Cruywagen kuier by Suzelle (Foto: Skermskoot)

In hierdie video kuier Suzelle met niemand anders nie as die bekende nuusleser Riaan Cruywagen. Soos net Suzelle dit kan doen wys sy kykers hoe om te ontspan deur ʼn “relaxatron” te maak.

Nadat Cruywagen vir oulaas nog die nuus lees meen Suzelle sy het die perfekte terapie om hom te laat vergeet van al die goed wat sy kop so laat maal ná ʼn lang werkdag:

Maak jou eie “relaxatron”.

Metode:

  • Neem ʼn plastiek handklitser
  • Sny die punte van die klitser af en buig dit om
  • Gee elke punt ʼn lagie gom
  • Vorm die gom met jou vingers
  • Wag tot die gom droog is en toets dit uit

Lees alle vorige berigte oor Suzelle DIY op Maroela Media, sluit aan by haar YouTube-kanaal  of besoek haar Facebook-blad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Een kommentaar

Gideon Roos ·

Dit is altyd lekker om nog van Riaan te hoor. Ek het met hom elke weeksaand op SABC groot geword. Hy is werklik ‘n Afrikaner ikoon, en een van die pilare van die Suid Afrikaanse nuus wêreld.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.