In hierdie video kuier Suzelle met niemand anders nie as die bekende nuusleser Riaan Cruywagen. Soos net Suzelle dit kan doen wys sy kykers hoe om te ontspan deur ʼn “relaxatron” te maak.
Nadat Cruywagen vir oulaas nog die nuus lees meen Suzelle sy het die perfekte terapie om hom te laat vergeet van al die goed wat sy kop so laat maal ná ʼn lang werkdag:
Maak jou eie “relaxatron”.
Metode:
- Neem ʼn plastiek handklitser
- Sny die punte van die klitser af en buig dit om
- Gee elke punt ʼn lagie gom
- Vorm die gom met jou vingers
- Wag tot die gom droog is en toets dit uit
Lees alle vorige berigte oor Suzelle DIY op Maroela Media, sluit aan by haar YouTube-kanaal of besoek haar Facebook-blad.
Dit is altyd lekker om nog van Riaan te hoor. Ek het met hom elke weeksaand op SABC groot geword. Hy is werklik ‘n Afrikaner ikoon, en een van die pilare van die Suid Afrikaanse nuus wêreld.