[Video] Tweeling se weergawe van ‘Frozen’ in die kol

Foto: ‘n Skermskoot uit die video

As jy dink jóú kind is mal oor die animasieprent Frozen, dink weer. Dié tweeling in die VSA is sekerlik die grootste aanhangers van Anna en Elsa.

Colleen Jordan van Philadelphia het haar tweejarige tweeling skelmpies afgeneem terwyl hul besig was om hul gunsteling rolprent vir die soveelste keer te kyk. Maar daar word nie net gekyk nie, nee. Die tweeling leef hulself só in die rolprent in dat elke toneel uitgespeel word in die sitkamer.

“Ek is glad nie verbaas nie, dit is hulle gunstelingfliek”, sê Colleen in ʼn onderhoud met Fox 59.

Die tweeling het die internet aan die gons met hul goeie toneelspel en sommige mense meen hul ouers sal nou al moet begin spaar vir duur universiteite.

“Hierdie tweetjies is briljant!” lui kommentaar op YouTube. Die video is al meer as 100 000 keer gekyk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Stephanie ·

Dierbaar!!
Maar ook iets om voor versigtig te wees.
Hopenlik na aap hulle nie iets wat dalk geweld in het ook nie.
Ja, ja, ek weet… ek moetie so n pessiemis weesie.

Jaco ·

Ek hoop die kinders sien darm bietjie daglig ook , of hulle is geniale ….. ?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.