[Video] Wat beteken ‘pa’ vir jou?

Rouchelle Liedeman, Tanya van Graan, Leigh-Anne Williams en Karien Basson (Foto: Verskaf)

Rouchelle Liedeman, Tanya van Graan, Leigh-Anne Williams en Karien Basson (Foto: Verskaf)

Die aanlyn gesprekreeks 4Minutes #CoffeeandConvo’s met bekendes soos Karien Basson, Tanya van Graan, Leigh-Anne Williams en Rouchelle Liedeman, is ʼn YouTube-versameling video’s van vier minute elk wat daarna streef om alle aspekte van die lewe aan te raak.

Die groep se geselsvideo’s, wat in Maart vanjaar begin is, ontvou rondom die idee dat ʼn enkele situasie ʼn onuitwisbare indruk op iemand kan laat. Hulle poog om elke maand aandag te gee aan ʼn nuwe tema.

In die groep se jongste video, spesiaal vir Vadersdag, kry elkeen van dié vroue geleentheid om te verduidelik wat die woord “pa” vir hulle beteken.

“Ek dink ʼn pa is iemand wat jou altyd wil vang voor jy val. Maar selfs wanneer jy val, tel hy jou op en vee die klippies van jou af,” sê Tanya van Graan.

Vir Rouchelle is ʼn pa iemand wat alles in sy kinders ploeg. “Pa, jy is liefdevol en wys. Die bewyse van jou harde werk kan in jou kinders se oë gesien word.”

En vir Karien is dit die liefde van God. “In Handelinge is hy die gesalfde een, in Romeine is hy die regverdige een, en in Korintiërs is hy ons verlosser,” het sy bygevoeg.

Die vier vroue beplan om in die toekoms ook temas te bespreek soos om vrede te maak met onvolmaaktheid, om bewus te wees van die stoomroller-effek van jou denke, om in die oomblik te leef, dankbaarheid, en om te dink voor jy praat. Video’s word geredigeer en vervaardig deur Etienne Janse van Rensburg.

Kyk hier na die splinternuwe video van 4Minutes #CoffeeandConvo’s. Besoek die groep se Facebook-blad of YouTube-kanaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

CommentQueen ·

My Pa: Liefdevol; ondersteuner; saggeaard; Geduldig; prettig; Grapkas
My kinders se Pa: Liefdevol; leier; beskermer; Ondersteuner en aanmoediger; HELD♡

Gretchen ·

Waar begin ‘n mens?? My Pa was die beste Pa/Man waarvoor enige kind of vrou kon vra, en ek dank die Hemelse Vader dat ek die voorreg kon hê om my Pa vir 40 jaar deel van my lewe te kon maak.
My pa was ‘n baie wyse man wat jou raad kon gee op alle gebiede. My pa was baie liefdevol, saggeaard en ‘n man wat als vir sy vrou en kinders/kleinkinders sou opoffer. My pa was ‘n man wat na als wat hy in sy amper 77 jaar deurgemaak het, ‘n man wat nogsteeds sy Geloof in God uitgeleef het, en wat ander bemoedig het tot die einde toe. Dis met groot hartseer dat ek die 2de Vadersdag sonder my Pa moet aandurf, maar ek weet hy is gelukkig saam met ons Hemelse Vader. Vir die wat nog die voorreg het om jou pa te he, waardeer hom. Jy weet nooit vir hoe lank jy hom nog saam met jou gaan he nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.