Video: Wend jou grimering só reg aan

Nicolene Birkenstock (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)

In vandag se tyd is dit nie meer vreemd vir almal om soos modelle gegrimeer te wees nie.

Met inligting byderhand, blog-inskrywing en hordes hoe‑om-te‑video’s op die internet beskikbaar behoort enigeen hul grimering soos ʼn professionele grimeerkunstenaar te kan aanwend, nie waar nie?

Maar vir die van ons wat bietjie agterweë gebly het met die grimeerkuns, en wat jare lank maar steeds dieselfde stappe volg, het Maroela Media gaan aanklop by Nicolene Birkenstock, grimeerkunstenaar en eienaar van Nici B Bridal and Beauty, om te hoor wat die regte stappe is om jou gesig op te dollie.

“Ek kry verskriklik baie navrae van vroue wat hul eie grimering wil doen vir byvoorbeeld hul troues, dan wil hulle altyd weet wat die beste onderlaag is om te gebruik. En my antwoord is altyd dieselfde: ‘Enige onderlaag’. Solank jy dit net reg aanwend,” het sy gesê.

Birkenstock beveel aan dat jy begin deur ʼn serum en ʼn vogroom wat vir jou veltipe geskik is aan jou gesig te smeer.

“Jy moet altyd rome en serums van dun na dig aanwend, dus die serum eerste. Die vogroom moet nie ʼn SPF-telling in hê nie. Die rede hiervoor is dat room met SPF in allerhande metale het wat reflekteer. So as jy ʼn foto neem, sal dit wit of blink reflekteer,” het sy gesê.

Volgende moet jy ʼn basislaag (primer) kies wat vir jou veltipe werk. ʼn Basislaag help om jou vel gereed en glad te maak vir die grimering wat jy volgende gaan aanwend.

“Dit gaan lê bo‑op die vogroom en serum werk daarmee saam, dit maak klein ongelykhede en lyntjies op jou vel gelyk,” het Birkenstock gesê.

“Na jou basislaag kan jy met onderlaag begin, moet asseblief nooit jou onderlaag met jou vingers aanwend nie! Jy gebruik baie meer van die produk want soos jy dit aansit, haal jy dit ook met jou vingers af. Gebruik eerder ʼn borseltjie of ʼn sponsie wat jy natmaak met water.”

Die sponsie word met water natgemaak sodat dit nie te veel van jou onderlaag absorbeer nie, maar eerder net dien as ʼn aanwendmiddel.

Na die onderlaag is dit tyd om kontoere te maak, wat jou gesig se struktuur beklemtoon.

“Daar is twee maniere om kontoere te trek. Eerstens kan jy poeier gebruik, wat meer subtiele kontoere maak. Anders kan jy ʼn verbloemer gebruik. Jy sal dan begin deur ligte verbloemer onder jou oë en onder die wangbene te gebruik. Daarop sit jy dan ʼn los deurskynende poeier om die verbloemer te set.

“Die volgende stap vir kontoere trek, is die verbronser – dit wend jy aan die kante van jou neus, onder jou wangbene aan die hoekies van jou slape en al rondom jou gesig aan. Daarop doen jy pienk wange, en dan verligter (highlighter) op jou neus, bolip en bo jou wangbene,” het Birkenstock gesê.

Wanneer jy met jou vel klaar is, begin jy met jou oë. Birkenstock het gesê baie mense verkies om hulle oë voor enige iets anders te doen ingeval van die oogskadu op hul wangbene beland, maar om spaarsamig met jou produkte te werk, is dit meer ekonomies om met jou vel te begin en die oë later te doen.

“Begin met jou wenkbroue – vorm dit, kleur dit in en sit ʼn poeier op hulle. As jy eers jy wenkbroue gedoen het, het jy die perfekte idee van waar om met jou oogskadu te begin, want jou wenkbroue bepaal hoe breed en hoog jou oogskadu aangewend kan word,” het sy gesê.

“Wanneer jy jou wenkbroue klaar gemaak het, kan jy jou oogskadu, maskara en lipstiffie aanwend. Rond dit dan af met ʼn setsproei wat sal voorkom dat jou grimering vinnig van jou vel afgaan,” het sy gesê.

#sothishappened My #first #ever #makeuptutorial A #videoclip to just show you my #makeupprocess and #makeupproducts I use to #create my #looks…#bekind and leave some advice and tips in the comment section below! #thankyou#makeupvideo #makeup #makeupartist #foundation @revlonsa #powder @essence_cosmetics #bronzer @catrice.cosmetics #blush @essence_cosmetics #highlight @bhcosmetics @carlibel #pallet #browsonfleek #browgamestrong #browboss @benefitsouthafrica #eyeshadow @inglot_rsa and #krayolan #eyeliner @essence_cosmetics #mascara @essence_cosmetics #lashes @clicks_sa (combed out and ruffled with a brush)

Posted by Nici B Bridal and Beauty on Monday, March 19, 2018

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Renett ·

Pragtig Nicolene….jys pragtig…dankie vir die make-up tips…love die skakerings van die oogskadu…gaan my baie help om myne ook so mooi te probeer kry….Sterkte met jou besigheid…en dankie dat jy die vroue om jou so goed laat voel oor hulle self….n bietjie grimering maak maar net n verskil….

ANA ·

Ek sal defnitief “INBETWEEN” ali kwassies,pennetjies en poeierkies se aanwending OF húl verwydering agterna weer….VAS ANI SLAAP raak!!!! ?

Rene ·

Nicolene, jy is amazing! Doen jou ding met passie en oorgawe, en jy sal ‘n ongelooflike sukses daarvan maak ;)

wilma ·

Daar moet in gedagte gehou word dat MM haar gevra het vir ‘n paar wenke. As jy nie van ‘n artikel hou nie, moet dit nie lees nie! Ten minste lyk die grimering nie soos dié van ‘n nar nie.

JF ·

As jy nie van plaasmoorde hou nie, moet nie die artikels lees nie? @Wilma, die redenasie is swak. Ook niks fout met n nar se makeup nie, live and let live, nie net 1 opinie wat jy glo is reg nie.

LIEWE LULU ·

ek probeer elke liewe oggend my grimeering so mooi kry…….. moet jou nie stuur aan die suurwurms of suurstof diewe wat nie tred hou met hoe dinge verander en stuck is in die verlede,
jy kan gerus vir ons meer “gevorderde jong vroue” tips gee om die plooitjies weg te steek
lief dit ! ♥♥

Swartbees ·

x1 Mac Stay all day liquid lipstick – R350
x1 kas bier – R219
Selfde pudding net n ander sous.

Elizma ·

Dankie vir die artikel MM. Ek is mal oor Make Up. Kan nie my lewe indink sonder dit nie….van my skoonmaakmiddels vir my vel tot die kwassies en lipsticks.??

Nadia ·

Ek hou nie van grimering nie ek sal nou en dan ‘n potloodtjie aansit… ek hou nie van grimering nie omdat ek nie weet hoe om dit aan te sit nie… so dankie vir die inligting… dan aan die ander kant, my skoonma dra nooit grimering nie sy word 54 en het nie 1 plooi nie… maak grimerning jou vel oud?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.